Sondag 22 November 2026

LIEN SE LANKSTAANSKOENE OPSOMMINGS HOOFSTUK 31-33

LIEN SE LANKSTAANSKOENE OPSOMMINGS HOOFSTUK 31

DIE CORNER SONDER ENTERTAINMENT

Inhoud

As Lien die volgende oggend wakker word, weet sy wat sy gaan doen. Sy keer vir Hein gedurende kort pouse voor en vra dat hy haar na skool by Wimpy moet ontmoet. Hein lyk baie ongemaklik, maar Lien sê sy het sy hulp dringend nodig. Sy dink die hele dag aan Tibbey met die af bene en aan haar vreeslike ervaring met Sproet. Juffrou Breytenbach wil weet hoe dit met Lien se nek gaan en vir 'n oomblik weet Lien nie waarvan sy praat nie.

'n Klomp seuntjies en dogtertjies staan in 'n ry op die verhoog, asook 'n paar mans en vroue wat op stoele sit en reguit na die kamera kyk. 'n Man staan langs die podium en die groep kinders kom een vir een nader om 'n sertifikaat te ontvang. Dan zoem die kamera in op 'n dogtertjie met lang donker hare. Die man loop na 'n tafel, neem 'n trofee en oorhandig dit aan die dogtertjie. Hy skud haar hand en sy kyk glimlaggend na die kamera terwyl die mans en vroue op die verhoog geluidloos hande klap.

Hy maak of hy hande klap en kry lag vir homself. Mense sal dink hy is mal as hulle hom nou sien …

Lien en Hein sit by 'n agterste tafeltjie in Wimpy, want sy wil nie hê mense moet na hulle staar nie. Hein lyk steeds baie ongemaklik. Lien vertel hom van Tibbey se tragedie en verduidelik dat sy 'n rytoestel vir Tibbey soek wat sterk is en gemaklik op 'n teerpad kan ry, want hulle werk soms buite. As Hein vra watter soort werk hulle doen, ignoreer Lien die vraag. Sy weet Hein is baie vaardig met sy hande en sy vra of hy iets vir Tibbey sal kan ontwerp en maak. Sy sal betaal, al kos dit ook wat, maar sy is baie haastig.

Sedert Tibbey se ongeluk en sedert die insident met Sproet, is Lien senuweeagtig op haar hoek. Gedurende teepouse is dit net sy en Roos onder die boom; albei mis Tibbey se vrolike geaardheid. Roos wil nie sê waar sy was toe die ongeluk gebeur het nie, maar dis duidelik dat sy presies weet wat gebeur het. Sy waak oor Tibbey se bedelhoek sodat ander bedelaars nie daar kan gaan staan nie. Toe Johnny dit durf waag om daar te gaan staan, 'net tot hy terugkom', bestorm Roos hom weer eens met haar pienk handsakkie en hy gee vinnig pad. Lien mis vir Tibbey, want sy bedelplek het nou die 'corner sonder entertainment' geword.

Lien vertel vir Roos van haar plan om vir Tibbey 'n rolstoel te laat maak en Roos wil skepties weet wie daarvoor gaan betaal. As Lien voorstel dat almal wat in die omgewing bedel, iets bydra of 'n persentasie van hul inkomste gee, is Roos baie skepties en sy is nie hoopvol dat hulle iets by die ander bedelaars sal kry nie.

Bespreking – enkele belangrike aspekte in hierdie hoofstuk

Lien se prioriteite verander in hierdie hoofstuk. Haar uitsluitlike doel tot dusver was om geld in te samel om hulle lewe tuis draagliker te maak en om haar toekomsdrome te verwesenlik. Nou besluit sy egter om haar oor die beseerde Tibbey te ontferm en 'n rytoestel te laat maak wat weer kwaliteit aan sy lewe kan gee. Sy gee nie om wat dit kos nie. Lien voel dat hulle almal soos een gesin is en dat Tibbey almal se vriend is. Sy sal dit verwelkom as die ander bedelaars ook bydra, maar volgens Roos gaan dit nie gebeur nie.

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking