Maandag 08 Junie 2026

PERMANENTE INK HERSIENINGSVRAE 5

PERMANENTE INK HERSIENINGSVRAE 5 (Hoofstuk 21–25)

Vraag 1  Meerkeusige vrae

Kies die korrekte opsie by elke vraag.

1.1  Robert se hond se naam is _____.
A.    Bullehond
B.    Bullebak
C.    Bullebrak
D.    Bulhond 

1.2  Robert dra _____ in sy rugsak.
A.    brood en melk
B.    verfkwaste
C.    spuitverfblikke
D.    hondekos

1.3  Werner se suster se naam is _____, en sy is ʼn _____.
A.    Veronica, verpleegster
B.    Nadine, model
C.    Gerty, onderwyser
D.    Maria, student

1.4  Waarom gee Amir vir Zelda ʼn blikkie Coke met ʼn strikkie en ʼn langsteelroos?
A.    Dis Zelda se verjaarsdag
B.    Dis Valentynsdag
C.    Dis Amir se verjaarsdag
D.    Al die blikkies lyk so

1.5  Dokter Burke blameer _____ vir die bakleiery met _____.
A.    Robert, Amir
B.    Mia, Robert
C.    Zelda, Werner
D.    Amir, Robert

1.6  Wat beteken die woord "croon" wat in die teks voorkom?
A.    om te huil
B.    om saggies te sing
C.    om hard te praat
D.    om stil te bly

1.7  Amir kry dit reg om ʼn _____ van sy aanvaller te kry tydens die aanval op hom.
A.    bossie hare
B.    stukkie materiaal
C.    sigaret
D.    selfoon

1.8  Waar is Amir aangeval?
A.    by die skool se krieketnette
B.    by die skool se Valentyndsbal
C.    naby sy huis
D.    by die ou Koshuis op die skoolterrein

1.9  Konstabel _____ het ʼn tienerdogter.
A.    Jantjies
B.    September
C.    Liebenberg
D.    Mentoor

1.10 Die twee polisielede besluit om die _____ by skole te ondersoek.
A.     onderwysers en ouers
B.     tydelike personeellede
C.     sportonderwysers
D.     leerders

1.11  Amir vermoed dat dit dokter Burke se stem was wat hy tydens die aanval op hom gehoor het. Hy sê egter vir sy pa dat dit dalk ʼn _____ was.
A.     tikkop
B.     rondloper
C.     boemelaar
D.     bedelaar

1.12  Wie is Derra?
A.      Robert se pa
B.      Werner se pa
C.      Amir se pa
D.      Zelda se pa

1.13  Konstabel Mentoor se kind is ʼn _____.
A.      twaalfjarige meisie
B.      vyftienjarige seun
C.      agtienjarige seun
D.      sestienjarige meisie

1.14  Amir gaan voort met sy kuberkraak-aktiwiteite. Hy glo hy doen dit in opdrag van _____. 
A.      dr. Burke
B.      dr. Liebenberg
C.      dr. Badenhorst
D.      dr. Marais

1.15  Hierdie Afrikaanse kletsrymsanger is bekend vir sy liedjie Cooler as ekke. Robert luister na sy musiek.
A.      Jaco Jacobs  
B.      Jack Parow
C.      Snotkop
D.      Logan Pietersen

1.16  "Dis die ou skoolkoshuis wat hy nou cooler laat probeer klink as wat dit is." Wie is "hy" aan wie Robert dink?
A.      Werner
B.      Dr. Burke
C.      Dr. Marais
D.      Amir

1.17  "En glad nie, en ek bedoel GLAD nie vir Gerrit Mouton nie." Waarom word die woord GLAD in hoofletters geskryf?
A.      Dit beklemtoon die feit dat Mia nie met Gerrit wil vry nie.  
B.      Mia skree op Gerrit Mouton, want sy is kwaad vir hom.
C.      Mia dink Gerrit Mouton het ʼn gladde mond.
D.      Mia probeer baie hard om Gerrit se aandag te trek.

1.18  "In ʼn oogwink staan Amir tussen Robert en Zelda." Watter woord hieronder beteken nie dieselfde as "in ʼn oogwink" nie?
A.      skielik
B.      opeens
C.      meteens
D.      gaandeweg

1.19  "Robert spring onbeseer op en verkas ..." Watter woord hieronder beteken dieselfde as "verkas"?
A.      gaan
B.      kom
C.      dadelik
D.      huppel

1.20  "... ter beskerming van hulle eie bas." Wat beteken bas in hierdie konteks?
A.      lewens
B.      geestesgesondheid
C.      lyf
D.      brein

1.21  Amir sluk en voel die paniek wat hom begin oorweldig." Watter woord is nie ʼn sinoniem vir"paniek" nie?
A.      vrees
B.      tevredenheid
C.      skrik
D.      angstigheid

1.22  Kies die verkeerde antwoord uit die opsies hieronder. Robert du Toit is _____, _____ en _____.
A.      jaloers
B.      verward
C.      rassisties
D.      aggressief

1.23  Amir se _____ word afgeneem tydens die aanval op hom.
A.      selfoon
B.      geld
C.      ID-kaart
D.      skoene

1.24  Konstabel Mentoor wens hulle het dieselfde toerusting gehad as die akteurs in die _____-reeks.
A.      FBI
B.      DHS
C.      CIA
D.      CSI

1.25  Volgens inspekteur Liebenberg gaan die spanning ʼn _____ veroorsaak.
A.      beroerte
B.      hartaanval
C.      angsversteuring
D.      hormoonwanbalans

1.26  Carmenique is Mia se oudste suster.
A.      Waar
B.      Onwaar

1.27  Om te stenig, beteken om iemand met klippe dood te gooi.
A.      Waar
B.      Onwaar

1.28  Daar word ʼn skinderstorie oor Amir en Zelda by Roses's Café vertel.
A.      Waar
B.      Onwaar

1.29  Die Engelse woord "mug" beteken om op straat beroof te word.
A.      Waar
B.      Onwaar

1.30  Robert se pa sal nooit toelaat dat Robert vir Klara laat afdank nie.
A.      Waar
B.      Onwaar

[30]

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking