DONKER WEB HERSIENINGSTOETS 8 Hoofstuk 48–Hoofstuk 55 (bladsy 216–249)
Vraag 1 Kontekstuele vrae
|
Lugarno Amerigo Vespucci
32 Ek stap stadiger toe ek die adres nader. Ek vermoed die gebou is wat die
Italianers 'n "apartamento" noem - deel van 'n klomp aaneengeboude
huise en hotelle. Op die sypaadjie oorkant die huis bly ek staan. Kyk net. [bladsy
218, 219] |
1.1 Hoekom haal Greg nie 'n taxi om na die adres
hierbo te gaan nie? (1)
1.2 Greg gaan twee keer na die plek in
Lugarno Amerigo Vespucci toe. Wie woon skynbaar daar? (1)
1.3 Toe Greg die vorige aand daar was,
het hy sy oë vir 'n oomblik toegemaak. Wat het hy gesien toe hy weer sy oë
oopmaak? (2)
1.4 Wie praat die volgende oggend met
Greg, Xander en Ayla wanneer hulle by die plek se voordeur aankom? (1)
1.5 Wat vertel dié persoon hulle? (1)
1.6 Op pad hotel toe word Greg-hulle
deur 'n swart motor agtervolg. Wat stel Greg voor as hy vir die ander twee vra:
"Gaan ons hakskene wys?" (1)
1.7 Hoe kry hulle dit reg om weg te kom?
Sê kortliks. (1)
1.8 Wie bestuur die motor wat Greg-hulle
jaag? (1)
1.9 By watter vorige geleentheid het
Greg en Xander ook so vining gehardloop as wat hulle kon? (1)
[10]
Vraag 2 Meerkeusige vrae
Kies elke keer die verkeerde feit:
2.1 Greg sien die Dawid-beeld
A Greg besoek dit terwyl hy en Xander
kwaad vir mekaar is.
B Dit staan in die hoofsaal van die
kunsmuseum.
C Dit is 'n enorme beeldhouwerk van
Michelangelo.
D Die toergids vertel vir Greg alles van
die beeld.
2.2
Die rewolwer
A Dit word by Xander se hotelkamer
afgelewer.
B Dit is in 'n teddiebeer versteek.
C Xander het dit bestel toe hulle in
Florence gekom het.
D Xander dreig Greg grappenderwys
daarmee.
2.3 Watter nuus deel oom Dirk mee oor die mense
in Suid-Afrika?
A Greg se ma is gefotografeer toe sy by
'n winkelsentrum was.
B Greg se pa het hard terugbaklei toe hy
in die tronk aangeval is.
C Dok Pienaar is met 'n skerp
tandeborsel in die stort vermoor.
D Plank het vir Lisa laat weet dat hulle
op pad Florence toe is.
2.4 Bergklimmers weet:
A 'n Berg is altyd verder as wat hy lyk.
B 'n Berg is altyd interessanter as wat
dit lyk.
C 'n Berg is altyd hoër as wat hy lyk.
D 'n Berg is altyd moeiliker as wat dit
lyk.
Kies
elke keer die regte feit:
2.5 Waar kry Greg die Baker se adres in
Florence?
A By die hotel se ontvangstoonbank.
B Plank het dit by Candon gekry.
C In die rekenaar se recycle bin
D In die Palazzo Vecchio se kaartesaal
2.6 Hoe reageer Greg wanneer hy die slegte nuus
oor sy pa kry?
A Hy storm geskok by die museum uit.
B Hy kry 'n angsaanval en kan nie praat
nie.
C Hy dink dit is wat sy pa verdien.
D Hy word flou en oom Dirk moet hom
lawe.
2.7 Wie dink oom Dirk kan dalk die Baker wees?
A Professor Kabi
B Thomas Lawson
C Rian Trollip
D André Symington
[7]
Vraag 3 Vul die ontbrekende woord in.
Vervoer speel 'n belangrike rol in die boek. Kies elke keer die vervoermiddel wat
gebruik word om van een plek na 'n ander te reis.
|
3.1 |
van Johannesburg na Stellenbosch |
|
|
3.2 |
van Istanboel-lughawe na Sultanahmet |
|
|
3.3 |
van Sophia Haggia na Xander-hulle se huis |
|
|
3.4 |
van Xander-hulle se huis na die lughawe |
|
|
3.5 |
van Istanboel na Rome |
|
|
3.6 |
van Rome na Florence |
|
|
3.7 |
van Florence na Venesië |
|
|
3.8 |
van Venezia Santa Lucia-stasie na Giglio-stasie |
|
[8]
Vraag 4 Is die volgende stellings WAAR of ONWAAR?
4.1 Xander steek die skootrekenaars weg voordat hulle vlug.4.2 Ayla is onsimpatiek oor Plank wat in Istanboel moet agterbly.
4.3 Dis nie die Turkse polisie wat Xander-hulle se voordeur oopbreek nie.
4.4 Greg-hulle bly 'n paar dae in Rome voordat hulle Florence toe gaan.
4.5 Greg-hulle bly in 'n hotel wanneer hulle in Venesië is.
Totaal: 30
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking