Maandag 30 Maart 2026

DONKER WEB HERSIENINGSTOETS 6 – Fanie Viljoen

DONKER WEB HERSIENINGSTOETS 6 – Hoofstuk 39 – Hoofstuk 45 (bladsy 173–203)

Vraag 1  Sê of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is.

Die Hagia Sophia

1.1  Die gebou is pienk en roomkleurig.
1.2  Dis binne loopafstand van Xander en Ayla se woonplek.
1.3  Dit is een van die mooiste museums in die wêreld.
1.4  Greg en Xander koop granaatsap net voordat hulle ingaan.
1.5  Gli is die toergids wat Greg en Xander rondwys.
1.6  Die Turke noem dit Ayasofya.
1.7  Dis reeds verskeie kere herbou.
1.8  Christene het vroeër daar aanbid.
1.9  Die binnekant laat Greg besef hoe groots hy as mens is.
1.10  Xander beskou dit as 'n plek van Heilige Wysheid.

[10]

Vraag 2  Identifiseer

Sê elke keer van wie daar in die donker-gedrukte woorde in die aanhalings gepraat word. Skryf slegs hul name neer.

2.1   "Op pad terug het ek met 'n ou by 'n winkel hier naby aan die chat geraak. Hy verkoop groente en vrugte. 'n Gawe dude."
2.2  "As jy so erg seerkry, laat jy min mense naby jou toe. Dis sy manier van cope. Die internet en hacking was sy redding in moeilike tye."
2.3  "Ek was maar 'n alleenkind. Altyd op die internet besig om myself nuwe goed te leer. My ouers was gereeld landuit."
2.4  "Ons het albei verloor. Onskuld, seker die grootste daarvan."

[5]

Vraag 3  Meng en pas

Kyk na die emosies hieronder en na die situasies wat moontlik die emosies uitgelok het. Skryf slegs die nommer en letter neer wat bymekaar pas.

3.1

heimwee

A

Wanneer Zander die gebrande boek in Greg se bagasie ontdek

3.2

begrip

B

Wanneer Greg sien hoe Xander en Ayla mekaar soen

3.3

ontsteltenis

C

Wanneer Greg huiwerig is om tuisgemaakte limonade te drink

3.4

verwyt

D

Die atmosfeer in die restaurant waar Greg en die ander gaan eet.

3.5

woede

E

Wanneer die boodskap "Greg en Xander, met wie dink julle speel julle?" deurkom

3.6

blydskap

F

Wanneer Plank sê dat Greg en Xander hom die hele tyd uitsluit

3.7

skok

G

Wanneer Plank sien hoe twee jongmense op 'n muurtjie sit en hande vashou

3.8

spanning

H

Wanneer Plank een middag die huis natgesweet binnestorm

3.9

jaloesie

I

Wanneer Greg Ayla op 'n stadium om die lyf gryp en begin dans

3.10

wantroue

J

Wanneer Greg Xander se skouer in die Haggia Sophia druk

[10]

Vraag 4  Ontbrekende woorde

Vul elke keer die ontbrekende woorde in die oop spasies in.
 

Greg dink hulle moet kyk of die Baker nie datakrummels gelos het toe hy na die video van 4.1 _____ gekyk het, maar dit lewer niks op nie. Uiteindelik kry hulle die Baker se IP-adres en sien dat hy in 4.2 _____ is. Greg en Plank kan egter nie daarheen gaan nie, want hulle het nie 4.3 _____ nie. Xander doen aansoek vir nuwe paspoorte vir Greg en Plank wat binne 4.4 _____ dae gereed sal wees. Hulle ontvang hul (Turkse, Shengen, Nederlandse, Belgiese) 4.5 _____ paspoorte per gewone pos in 'n wit koevert.
[5]
Totaal: 30

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking