Saterdag 07 Februarie 2026

'N VROU VAN DIE DORP CLOCOLAN – Philip de Vos

 'N VROU VAN DIE DORP CLOCOLAN – Philip de Vos

MEERKEUSIGE VRAE 

1.   Wat is die standaard aantal reëls in 'n limeriek?
A.   4 reëls
B.   5 reëls
C.   6 reëls
D.   8 reëls

2.   Wat is die tipiese rymskema van 'n limeriek?
A.   ababab
B.   abbaab
C.   aabba
D.   abcabc

3.   In hierdie limeriek, watter reëls rym met mekaar?
A.   Versreël 1, 2 en 5
B.   Versreël 1, 2 en 3
C.   Versreël 1, 2 en 4
D.   Versreël 3, 4 en 5

4.   Watter 2 reëls vorm die kortste reëls en rym met mekaar?
A.   Reël 1 en reël 5
B.   Reël 1 en reël 3
C.   Reël 2 en reël 5
D.   Reël 3 en reël 4

5.   Waar kom die vrou in die limeriek vandaan?
A.   Uit 'n groot stad in Europa
B.   Van die dorp Clocolan
C.   Van die maan self
D.   Uit 'n ander land

6.    Rangskik die gebeure in die volgorde soos dit in die limeriek genoem word:
i.     Sy sug oral waar sy gaan
ii.    Sy was verlief op die man in die maan
iii.   Sy het 'n ou teleskoop
A.   ii. → iii. → i
B.   i. → ii. → iii
C.   iii. → i. → ii
D.   ii. → i. → iii

7.    Wat kan ons aflei oor die vrou se teleskoop uit die beskrywing "ʼn ou teleskoop"?
A.   Dit is modern en kragtig
B.   Dit is nie baie doeltreffend nie
C.   Dit behoort aan die man in die maan
D.   Dit word elke dag gebruik

8.    Is die vrou se verliefdheid op die man in die maan 'n logiese keuse?
A.   Ja, dit is logies want die man in die maan bestaan regtig
B.   Nee, dit is nie logies nie, want die man in die maan is net 'n illusie
C.   Ja, dit is logies, want enigiemand mag op enigiemand anders verlief raak
D.   Nee, dis nie logies nie; sy moes eerder op ʼn man in Kaapstad verlief geraak het

9.    Wat beteken die frase "sy sug nou so ver as sy gaan" in die konteks van die gedig?
A.   Sy loop baie ver en sug van uitputting en honger
B.   Sy sug omdat sy die swaar teleskoop moet ronddra
C.   Sy is hartseer en sug omdat haar liefde onbereikbaar is
D.   Sy sug van opgewondenheid oor die man in die maan

10.  As jy die limeriek se idee in 'n hedendaagse situasie sou toepas, watter voorbeeld pas die beste by die vrou se gedrag?
A.   Iemand wat op 'n beroemde persoon verlief raak sonder om hom/haar ooit te ontmoet
B.   Iemand wat elke dag met 'n hele paar van haar mansvriende in die dorp praat
C.   Iemand wat 'n nuwe teleskoop koop om verder as die maan na die sterre te kyk
D.   Iemand wat ophou sug en realisties word

11.  Watter konnotasie dra die woord "ou" in "ou teleskoop" die sterkste?
A.   Dit is antiek en waardevol
B.   Dit is duur en professioneel
C.   Dit is modern en kragtig
D.   Dit is oud, swak of ontoereikend

12.  Die frase "hart vol van hoop" het watter konnotatiewe effek in die limeriek?
A.   Dit klink negatief en sinies
B.   Dit beklemtoon optimisme of verlange
C.   Dit dui op volmaakte vervulling
D.   Dit verwys na fisiese pyn

13.  Waar vind die enigste duidelike verskuiwing in toon plaas?
A.   Van reël 1 na reël 2, van plek na liefde
B.   Daar is geen verskuiwing nie – dit bly dieselfde
C.   Van reël 4 na reël 5, van hoop na teleurstelling
D.   Van reël 3 na reël 4, van emosie na objek

14.  Waarom kom die vrou van Clocolan af en nie van Welkom, Parys of Clarens nie?
A.   Clocolan is ʼn absurde naam vir ʼn plek
B.   Die digter moes liewer nie die plek ʼn naam gegee het nie
C.   Daar was regtig so ʼn vrou op Clocolan
D.   Die digter het Clocolan gekies ter wille van die rym

15.  Watter emosie roep die limeriek hoofsaaklik by jou op?
A.    Hartseer en meegevoel met die vrou
B.    Lighartigheid en 'n glimlag oor die absurditeit
C.    Woede oor die onmoontlike liefde
D.    Verveling en ongeloof

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking