HANSIE EN GRIETJIE – Eveleen Castelyn
VRAE
1. Die woorde "blaas rook" in versreël 11 dui op
A aardverwarming
B ontbossing
C oorbenutting van hulpbronne
D lugbesoedeling
2. Kies die verkeerde woord: In hierdie gedig word Hansie en Grietjie die beeld van die ongelukkiger,
moderne stadskind wie se ouerhuis geen _____ bied nie.
A aandag
B sekuriteit
C geborgenheid
D ooreenkomste
3. Watter woord is die direkte teenoorgestelde van "eendag"
in die gedig?
A. saans
B eennag
C soggens
D smiddae
4. Die "tralies" word beeld van Hansie en Grietjie / stadskinders
se _____.
A gevangenskap
B veiligheid
C grootwordproses
D geborgenheid
5. Die gedig "Hansie en Grietjie" is _______ reëls lank en
bestaan uit _____ strofe(s).
A 24, 2
B 19, 5
C 20, 2
D 21, 1
6. "Woud" in reël 1 dui op _____
A die natuurlike omgewing
B 'n modern betonoerwoud
C 'n aangeplante plantasie
D ʼn ongedefinieerde struktuur
7. Ons lees van die "hok", "die heks se huisie"
en die "ysterswaan". Dit dui onderskeidelik op _____
A die ouerhuis, die lekkergoedwinkel,
die beeld in die tuin
B die hondehok, die swaan se beeld in
die tuin, die supermark
C die ouerhuis, die dagmoeder se huis,
die motor
D die kelder, die hysbak, die
tuinversiering buite die huis
8. Daar is twee voorbeelde van interteks in hierdie gedig. Kies die
twee korrekte opsies.
A Rooikappie
B Hansie en Grietjie
C Hompie Ke-Dompie
D Sneeuwitjie
9. Die versreël "en jaag oor riviere teer" bevat die
volgende beeldspraak:
A metafoor
B vergelyking
C personifikasie
D antiklimaks
10. "Honderde kersies" beteken
A ʼn hele klomp kerse
B ʼn verjaardsdagkoek
C ʼn nagwaak met kerse
D die stadliggies
11. Watter versreël impliseer dat die kinders die hele dag ongelukkig
is?
A "saans brand honderde kersies"
B "die volgende môre word die
kindertjies"
C "hulle huil tot vanaand"
D "stiefmammies en -pappies hulle
haal"
12. Rangskik die volgende gebeure in die regte volgorde soos dit in die
gedig voorkom:
1. Kinders word gebad en gevoer
2. Ouers arriveer met die ysterswaan
3. Kinders val hul fyn en flenters
4. Kinders word afgelaai by die heks se
huis
A 4 → 2 → 1 → 3
B 2 → 4 → 3 → 1
C 4 → 1 → 2 → 3
D 3 → 2 → 4 → 1
13. Waarom sal die gedig ’n mens laat nadink oor kinders se lewens
vandag?
A Dit vertel ’n prettige avontuur in
die stad
B Dit bewonder die moderne tegnologie baie
C Dit wys hoe verwaarlosing in
alledaagse dinge skuil
D Dit gee kinders raad oor hoe om weg te
loop
14. Die sterre verdof as gevolg van die helder straatligte,
woonstelvensters en neonligte van die stad. In hierdie gedig word _____. Kies
die opsie wat nie pas nie.
A. die natuur volledig verplaas deur
stedelike kunsmatigheid
B gesuggereer dat beurtkrag die natuurlike
lig van sterre verdof
C gesê dat ligbesoedeling veroorsaak dat
sterre nie goed waarneembaar is nie
D gemeld dat die stedelike lug nie so
donker is nie, dit verminder die kontras en sterre se lig lyk flouer
15. Die geroetineerdheid van stedelike kinders se lewens kan as volg
uitgebeeld word:
A Speel – eet – slaap – huil – loop weg
B Klim – val – huil – eet – slaap
C Ry – parkeer – bad – speel – slaap
D Afgelaai – huil – gehaal – gebad –
slaap
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking