VRAE
1. Watter woord word
gebruik om skepe te beskryf wat in die see verdwyn het?
A Vergane
B Verlore
C Vergete
D Verwaai
2. Watter emosionele gevoel
skep die beeld van "lang vergane skepe in die kelders van die see"
hoofsaaklik?
A Vrolikheid / vreugde
B Weemoed / nostalgie
C Woede / arrogansie
D Opwinding / humor
3. Wat word
herhaal in die laaste twee reëls van die derde en vyfde strofe?
A "en waarheen ál die woorde
is, sou net ʼn kind wou raai"
B "van lank vergane skepe in
die kelders van die see"
C "Die woorde is vergete en
tog, die deuntjie draal"
D "En eindelik was almal maar
kinders van die wind"
4. Watter
van die volgende woorde pas die beste saam as dinge wat verdwyn of verlore raak
volgens die gedig?
A Skepe – wind – kinders
B Deuntjie – liedjie – see
C Gesigte – drome – name
D Rigting – soekers – verhaal
5. Wat voel die spreker
waarskynlik teenoor die "ou, ou liedjie" en sy deuntjie?
A Hy is kwaad en ontsteld omdat
die woorde weg is
B Hy dink dit is kinderagtig om
na skeepswrakke te verlang
C Hy vind dit onbelangrik en wil
nie verder daaroor wonder nie
D Hy ervaar weemoed en nostalgie,
maar dalk ook ’n soort troos
6. Watter woord word
gebruik om aan te dui dat dit goed gaan in ʼn mens se lewe?
A vaag
B lewenswel
C kinders
D lewenswee
7. As jy hierdie gedig as
lied moes kies, watter tipe musiek sou jy daarvoor verkies?
A Vinnige, vrolike dansmusiek
B Rockmusiek met baie energie en
harde klanke
C Stadige, melancholiese musiek vol
verlange
D Kindermusiek met klokkies en
simbale
8. Voordat jy die gedig
lees, watter moontlike betekenis kan die titel "Kinders van die wind"
voorstel?
A Kinders wat in die wind speel terwyl
dit saggies reën
B Mense wat vry en ongebonde
hardloop, deur die wind aangedryf
C Kinders wat deur die wind
grootgemaak word
D Weerlose, rigtinglose mense wat
deur die lewe sweef
9. Wat gebeur volgens die gedig met "gesigte, drome, name"?
A Dit is deur die wind
weggewaai/vernietig
B Dit is in die see bewaar
C Dit is duidelik deur mense onthou
D Dit is deur kinders oorvertel
10. Wat is die oorheersende
toon van die gedig?
A Vrolik en opbeurend
B Bitter en sarkasties
C Nostalgies en weemoedig
D Woedend en beskuldigend
11. Wat is die doel van die
herhaling van die woord "ou" in versreël 1?
A Dit beklemtoon die feit
dat dit ʼn ou liedjie is
B Dis gedoen ter wille van die
ritme in die versreël
C Ou liedjies is die beste, want
dit het ou herinneringe
D Net volwassenes sal dit verstaan,
want dis ʼn ou liedjie
12. Wat is die denotatiewe betekenis
van die versreël "lank vergane skepe in die kelders van die see"?
A Moderne skepe wat nog vaar
B Skeepswrakke op die seebodem
C Skepe wat in ’n kelder gestoor
word
D Skepe wat uit diens gestel word
13. Hoeveel versreëls in die
gedig eindig met ʼn ellips?
A twee
B vier
C een
D drie
14. Wie is die "kinders"
in hierdie gedig?
A kinders wat nie ou liedjies onthou nie
B alle mense
C die digter en sy vriende
D ontdekkingsreisigers
15. Watter funksie het die
woord "draal" in die sesde versreël?
A Die vertraag die tempo van die gedig
B Dit beteken vergane en stadig
C Dit rym met "verwaai" in
versreël veertien
D Die liedjie word vandag nog
gesing
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking