SONVANGER (liriek) – Valiant Swart
Vrae
|
1. |
Met wie/Waarmee praat die spreker deurgaans in hierdie gedig? |
|
2. |
Na wie verwys "ons" in versreël 2 moontlik? |
|
3. |
Watter figuurlike betekenis het die donkerte in die eerste strofe van die gedig? |
|
4. |
Gee ʼn goeie voorbeeld uit die gedig van |
|
4.1 |
personifikasie |
|
4.2 |
alliterasie |
|
5. |
Hoe wil die spreker hê moet die son die stilte in die huis verbreek? |
|
6. |
Watter aanduiding kry ons dat die spreker moontlik in die Kaap woon? |
|
7. |
Watter effek het die winterseisoen skynbaar op die spreker? |
|
8. |
Watter vier opeenvolgende woorde uit die koorgedeelte skep die indruk dat die spreker amper smeek? |
|
9. |
Waarmee vergelyk die spreker sy verhouding met die persoon wat hy so mis in die koorgedeelte? |
|
10. |
Watter twee seisoene word in hierdie gedig gekontrasteer? |
|
11. |
Verduidelik die volgende stelling: Die huisie waarna die spreker in die gedig verwys, is nie noodwendig ʼn geografiese plek nie. |
|
12. |
Wat word met die woord "steel" in reël 16 geïmpliseer? |
|
13. |
Noem twee plekke waar die son ʼn bron van lig vir die spreker kan wees, volgens die slotstrofe. |
|
14. |
Sê kortliks wat jy dink die sonvanger se doel in die spreker se lewe moet wees nadat jy die gedig bestudeer het. |
|
15. |
Sê of die volgende stelling WAAR of ONWAAR is en gee dan voorbeelde uit die gedig om jou antwoord te motiveer: Die spreker verkies stilte. |
|
16. |
Gee voorbeelde van verkleining uit die gedig en sê wat jy dink die rede is dat die spreker hierdie verkleiningswoorde gebruik. |
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking