Saterdag 23 Augustus 2025

BUSRIT IN DIE AAND – Elisabeth Eybers

BUSRIT IN DIE AAND – Elisabeth Eybers

TITEL

Dis die einde van ʼn lang werksdag en die stadswerkers is per bus op pad huis toe. Dis vroeg in die aand en dis ʼn moeisame rit vir almal wat net voor hulle sit en uitstaar. Hulle is slagoffers van die stadslewe se roetine en is vasgevang in ʼn situasie waaruit hulle nie kan loskom nie. Hulle word vergelyk met seerowers se buit weens hul magtelose situasie.

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking