Vrydag 12 April 2024

Goeie nuus!

 

Ons het 'n verskeidenheid eksamenvrae van Donker web opgestel wat onderwysers baie welkom is om te gebruik vir hul vraestelle. Daar is vrae van verskillende moeilikheidsgrade en is soortgelyk aan die vrae wat in die eindeksamen gestel word. Oorvleueling kom wel voor en onderwysers moet selektief wees wanneer hulle vrae gebruik om hul eie vraestelle saam te stel.

Die vrae bestaan uit die volgende:

·      Kontekstuele vrae, gebaseer om kort uittreksels

·      Paragraafvrae en toepaslike inhoudsvrae ter aanvulling

·      Dialoog/onderhoud

·      Opstelvraag

Die oorkoepelende tema van die vrae is die sadistiese moordenaar Sebastian Stadler (Die Baker), die antagonis wat vir talle gruweldade in die boek verantwoordelik is.

 

Stuur asseblief 'n e-pos as jy belangstel in die vrae. 'n Elektroniese kopie van die vrae sal GRATIS in Word-formaat aan jou gestuur word. Nasienriglyne sal ook verskaf word.

Ons e-posadres is edupagecc@gmail.com

Groete.

Giel & Ria Pieterse

EDUPAGE

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking