Vrydag 23 Februarie 2024

KARAKTERS IN DONKER WEB (3)

KARAKTERS IN DONKER WEB

Hoe goed ken jy jou karakters ...?

Hier volg 13 randfigure in Donker web wat 'n baie klein, dog beduidende rol in die verhaal speel. Daarna volg 26 feite (2 oor elke randfiguur). Skryf die nommers van die feite by die karakters neer waar dit die beste pas:

 

RANDFIGURE

A

Joan Gibbs

 

 

B

TJ

 

 

C

Kwanele

 

 

D

André Symington

 

 

E

Dain February

 

 

F

Mevrou Trollip

 

 

G

Professor Kabi

 

 

H

Colette

 

 

I

Rebecca Lawson

 

 

J

Generaal Winters

 

 

K

Sebastian Stadler se pa

 

 

L

Vrou in gastehuis

 

 

M

Half-dronk student

 

 

 

1

Wil weet of Greg die "koekieman" ook gaan vang

2

'n Vroom kerkman wat sy plaaswerkers en kinders slaan

3

Sy sal nooit weet wie haar pa is nie

4

Glo dat ryk mense met alles kan wegkom

5

'n "emosioneel onstabiele alkoholis" wat met 'n sleeptong praat

6

Verkleineer Greg voor die hele klas

7

Nicole se babadogtertjie

8

Thomas Lawson se kleinseun

9

Ken Greg se pa, maar het niks gedoen om hom te help nie

10

Sebastian Stadler belowe dat hy met haar sal afreken

11

'n Chemiese ingenieur

12

Vertel vir Greg wat met Tom gebeur het

13

Het van Greg in Huisgenoot en koerante gelees

14

Gee vir Greg 'n Lawson Kollege handdruk

15

Lawson Kollege se skoolsekretaresse

16

Sy eks het 'n 'crush' op Greg gehad

17

Vriendelik, maar baie pretensieus

18

'n Fors man, ten spyte van sy ouderdom

19

Verskaf Ritalin aan Greg

20

Hy het Greg verraai en vir die polisie gesê dat Greg 'n hacker was

21

Word die nuwe hoofseun in Greg se plek

22

Greg se ma se nuwe kêrel

23

Wag Greg-hulle senuweeagtig by die skool se parkeerarea in

24

'n Man met baie sterk, fris arms

25

Sy is baie jonger as haar man

26

'n Gasdosent van UJ

 

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking