Saterdag 22 Augustus 2020

ASEM-gebaseerde taaloefeninge

 HOOFSTUK 15

 Gemengde oefening

 Voer die opdragte tussen hakies uit:

 

1

Olga het (na, vir, met – kies die regte voorsetsel) ___ Stef geroep, maar hy het nie (tot, op, van  – kies die regte voorsetsel) ___ haar geroep reageer nie. Sy is nou baie bekommerd (oor, met, op – kies die regte voorsetsel) ___ hom.

 

 

 

 

2

Olga dink Jona het baie mooi bruin (oog – gee die meervoud) ___, die (mooi – gee die oortreffende trap) ___ wat sy (al ooit, al nooit, nog nooit – kies die regte woorde) ___ aan 'n hond gesien het.

 

 

 

 

3

Volgens Olga het sy en Stef mekaar in 'n ("hospitaal vir malles" – gee een woord) ___ ontmoet en hulle is baie (dependent – gee die Afrikaans ) ___ van (each other – gee die Afrikaans) ___.

 

 

 

 

4

Olga hardloop by die (trappe – gee die verkleining) ___ af en spring in die Buggy wanneer Stef daar (aankom – gee 'n sinoniem) ___, want hy raak maklik (geduld – gee 'n afgeleide byvoeglike naamwoord) ___.

 

 

 

 

5

Volgens Paul is Stef kwaad omdat Barries Olga (kaal – gee die intensiewe vorm) ___ op die rotse gesien het, maar Barries sê dit was ( ...  – gee 'n paslike voorsetsel) ___ ongeluk en nie (... – gee 'n paslike voorsetsel) ___ opset nie.

 

 

 

 

6

Barries gaan stap met Jona en probeer die (klip – gee 'n afgeleide byvoeglike naamwoord) ___  dele vermy. As hy weer (by die huis – gee een woord) ___-kom, gaan hy (vroeg – gee die vergrotende trap) ___ as gewoonlik bad en slaap.

 

 

 

 

7

Barries word wakker (a.g.v. – skryf in woorde) ___ Jona se nat bek teen sy arm. Tot sy (ontstel – gee 'n afgeleide naamwoord) ___ sien hy dat Jona bloed (gebraak – gee 'n sinoniem) ___ het.

 

 

 

 

8

Hy spring (dadelik – gee 'n sinoniem) ___ op en storm (blind – gee 'n afgeleide bywoord) ___ in die (lank – gee die regte vorm) ___ gang af om Paul te gaan roep.

 

 

 

 

9

Paul is egter (dronk – gee die intensiewe vorm) ___ en hy word nie wakker as Barries sy naam (hard  - gee die intensiewe vorm) ___ uitskree nie.

 

 

 

 

10

Uit pure (frustreer – gee 'n afgeleide naamwoord) ___ slaan Barries sy kitaar teen die muur (fyn en ... – voltooi die uitdrukking) ___ terwyl hy (die hele tyd – gee een woord) ___ na Paul roep.

 

 

 

 


Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking