10 VRAE OOR HOOFSTUK 16 (DEEL 2)
Op
die kapblok sit Fillie Booysen ewe gerus met die byl in sy hande asof hy al
heeloggend vir hom wag.
En
dit is presies wat Fillie ook vir hom sê: "Ek sit al hele oggend hier
vir jou en wag ."
"Helsem!"
Hy wil op Fillie afpyl, maar Jona hobbel reeds stertswaaiend tot by Fillie
..."
|
1.
|
Waar was Barries en Paul terwyl Fillie
by die kapblok gewag het, en wat was hulle besig om te doen?
|
2.
|
Hoekom reageer Barries so heftig
wanneer hy vir Fillie sien?
|
3.
|
Wat het Fillie daar kom doen, en op
wie se aandrang was dit?
|
4.
|
Fillie nooi Barries om saam met hom te
kom. Hy beweeg egter baie vinniger oor die rotse as Barries. Gee twee redes
hoekom hy vinniger as Barries kan beweeg.
|
5.
|
Wat gebeur skielik by 'n reeks hoë
rotse?
|
6.
|
Wanneer Barries by die huis kom, sit
Paul met sy pistool op die houtstoep en Barries sê: "Vir wie wil jy dié
keer 'n genadeskoot gee?" Waarna verwys Barries hier?
|
7.
|
Paul is vies oor iets wat uit die huis
verdwyn het.
|
7.1
|
Wat is skynbaar gesteel?
|
7.2
|
Hoekom dink Paul dat dit Barries se
"Rasta-vriend" is wat dit gedoen het?
|
7.3
|
Hoekom dink Barries nie dat dit Fillie
kon gewees het nie?
|
8.
|
Wat ruik Barries wanneer hy die tasse
met sy klere oopmaak?
|
9.
|
Hoekom het Paul vir Barries Seeplaas
toe laat kom?
|
10.
|
Waarmee het Barries baie goed geslaag,
volgens Paul?
|
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking