Maandag 06 April 2020

ASEM - Jan Vermeulen


10 VRAE OOR HOOFSTUK 19

Die huis is 'n deurmekaarspul van rottangmeubels en gedroogde seebamboes en potte en panne en kratte en kartonne en matrasse en rottangmandjies en visnette en die vet weet wat nog alles.

1.
Waar is Paul wanneer Barries by Olga gaan besoek aflê?
2.
Waar is Stef, en wat doen hy daar?
3.
Wie waarsku Barries om nie na Stef-hulle se huis toe te gaan nie?
4.
Hoe lyk Olga en Stef se huis van buite-af vir Barries?
5.
Watter woord pas nie om die binnekant van Stef en Olga se huis te beskryf nie?
A
deurmekaar
B
interessant
C
oorvol
D
slordig
6.
Waarmee is Olga besig wanneer Barries daar aankom?
7.
Wat dink jy is die kersgeskenk wat Olga vir Barries belowe het?
8.
Hoekom kan Olga nie Barries se kersgeskenk vir hom gee nie?
9.
Wat laat Stef vermoed dat Barries by Olga in die huis is?
10.
Watter slegte nuus deel hy Olga mee?

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking