10 VRAE OOR HOOFSTUK 20 (DEEL 1)
Barries voel swak en lomp van skok, maar hy stamp Stef
nogtans so hard teen die elmboog dat die geweer uit sy hande val. Vir 'n
oomblik is die voordeel van die verrassingselement aan sy kant ...
Maar toe duik die volgende verrassing tussen hulle in ...
|
1.
|
Wat het Stef nou net vir Barries
vertel wat vir hom 'n groot skok is?
|
2.
|
Van watter "geweer" lees ons
in die aanhaling?
|
3.
|
Waarvoor gebruik Stef die geweer
gewoonlik?
|
4.
|
Wanneer het Stef Barries gewaarsku dat
hy nie sal huiwer om sy geweer op Barries te gebruik nie?
|
5.
|
Hoekom kon Stef nie die geweer op
Kersoggend by die see gebruik nie?
|
6.
|
Stef skiet een keer met sy geweer,
maar dis mis. Hoekom skiet hy, en waar beland die pyl?
|
7.
|
Barries stamp Stef hard teen sy
elmboog en verras hom. Wat is die "volgende verrassing" waarvan ons
lees? Sê kortliks.
|
8.
|
Wat doen Barries-hulle na die tweede
verrassing?
|
9.
|
Wat sien Barries wanneer hy terugkyk?
Vertel kortliks.
|
10.
|
Kersdag verloop heeltemal anders as
wat Barries hom dit voorgestel het.
Hoe sou Barries graag die dag saam met
Paul wou deurbring?
|
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking