Donderdag 02 April 2020

ASEM - Jan Vermeulen


10 VRAE OOR HOOFSTUK 16 (DEEL 1)

Die Isuzu stotter oor die eerste paar honderd meter van die tweespoorpaadjie, daarna gaan dit al hoe beter.

Om 'n haarnaald lig die bakkie se linkerkant gevaarlik en die wêreld kantel. 'n Vloek en 'n skietgebed en dan tref die wiele weer die grond met 'n slag.

1.
Waar is Barries in die aanhaling hierbo, en watter tyd van die dag is dit?
2.
Hoekom is Paul nie saam met hom nie?
3.
Barries is daaraan gewoon om motor te bestuur. Watter motor het hy gereeld bestuur toe hy nog in Johannesburg was?
4.
Wat is dokter Hakinin se diagnose van Jona?
5.
As Jona Von Willebrand se siekte het, kan dit duur wees om hom aan die lewe te hou.
5.1
Verduidelik hierdie stelling kortliks.
5.2
Wat is tipiese simptome van Von Willebrand se siekte, volgens Gretha Hakinin?
6.
Ons lees in die aanhaling van die gevaarlike haarnaalddraai.
6.1
Wat gebeur amper met die Isuzu terwyl Barries op pad veearts toe is?
6.2
Wat gebeur met die Isuzu op pad Seeplaas toe?
6.3
Wat herleef Barries op daardie oomblik?
7.
Met watter ontstellende nuus bel sersant Nico Schreuder net hierna?
8.
Hoe verander die situasie nou vir Theo?
9.
Wat is Paul se reaksie as hy hoor van die verkeersman se dood?
10.
Hoekom is Paul nie ontsteld oor die skade aan sy bakkie nie?
 

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking