Vrydag 10 April 2020

ASEM - Jan Vermeulen


10 VRAE OOR HOOFSTUK 23 (DEEL 1)

"Ek moes gisteraand in 'n vulstasie se toilet op die vloer slaap."
"Maar jy het my nie gebel nie?"
"Nee. Ek het my sel in die see gesmyt sodat die polisie my nie kan trace nie."
"Polisie? Wat het jy dan gedoen?"

1.
Waar het Olga Barries se selnommer en adres gekry, volgens haar?
2.
Hoekom is die polisie skynbaar op Olga se spoor?
3.
Olga het nie 'n selfoon gehad om Barries te bel nie. Waar het sy 'n ander selfoon gekry toe sy in Johannesburg aangekom het?
4.
Wat doen sy uiteindelik met haar nuwe foon, en hoekom?
5.
Olga het nie direk na Barries-hulle se woonstel toe gekom toe sy in Johannesburg arriveer het nie.
5.1
Waarheen het sy eers gegaan?
5.2
Wat het sy daar gaan doen? Noem drie dinge.
6.
Barries grawe in Olga se sak terwyl sy bad.
6.1
Wat ontdek hy daar wat bewys dat Fillie Booysen valslik beskuldig is?
6.2
Wat vind hy ook in die sak?
7.
Waarheen gaan Barries terwyl Olga bad?
8.
Wat sluit hy in die kluis toe voordat hy ry?
9.
Op watter manier wil dokter Jassie du Toit Barries-hulle help?
10.
Hoe reageer Barries se ma as hy vir die dokter sê dat sy pa dood is?

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking