10 VRAE OOR HOOFSTUK 22
Dit is skemer toe hy die Mercedes se sleutel loshaak en
afgaan toesluitgarage toe. Hier het dit gebeur, langs die kar, besef hy toe
hy die groot donker vlek op die sementvloer sien.
Hy klim in die Mercedes en slaan die deur hard toe. Hy trek
met skreeuende bande weg ...
|
1.
|
Ons lees: "Hier het dit
gebeur." Wat het hier gebeur?
|
2.
|
Na watter groot donker vlek word hier
moontlik verwys?
|
3.
|
Vertel kortliks waar aan haar lyf
Barries se ma aangerand is.
|
4.
|
Barries se ma is van haar handsak en
selfoon beroof. Hoekom kan die polisie egter nie die aanvaller deur die
selfoon opspoor nie, volgens Nico Schreuder?
|
5.
|
Na wie se huis toe ry Barries wanneer
hy met skreeuende bande wegtrek?
|
6.
|
Watter ontstellende nuus ontvang
Barries wanneer hy daar is?
|
7.
|
Hoekom móét Barries teruggaan plaas
toe, volgens Theo?
|
8.
|
Op pad woonstel toe, bel Eunicé du
Toit.
|
8.1
|
Waar het sy Barries se selnommer in
die hande gekry?
|
8.2
|
Op watter "beter manier" as
met 'n tjek wil dokter Jassie du Toit vir Barries-hulle help?
|
8.3
|
Waar is Jona terwyl Eunicé met Barries
oor die foon praat?
|
9.
|
Wat sien Barries as hy in die lang
gang na hul woonstel toe stap?
|
10.
|
Hoe het sy daar gekom?
|
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking