Saterdag 04 April 2020

ASEM - Jan Vermeulen


10 VRAE OOR HOOFSTUK 17 (DEEL 2)

Sy lag. Haar koel hand op sy maag. Sy maagspiere ruk saam.
*  *  *  *
"Mag ek inkom?" Olga leun teen sy rug en sit haar arms om hom ... Hy voel hoe haar vel hom deur die materiaal brand.
*  *  *  *
... (Hy) kruip versigtig agter haar rug in en trek die beddegoed oor hulle. Sy roer, draai om en sit haar arms om hom.

1.
Noem die drie plekke waar Olga Barries daardie dag probeer verlei.
2.
Hoekom het Olga Barries na die eerste plek toe gebring?
3.
Wat moes Barries by die eerste plek doen sodat Olga nie strepies brand nie?
4.
Wat is Barries besig om by die tweede plek te doen wanneer Olga inkom en sy werk kritiseer?
5.
Wat is haar kritiek op sy werk?
6.
Olga sê vir Barries: "Jy kan my as model gebruik."
6.1
Wie het Olga al voorheen as model gebruik?
6.2
Waarvoor het hy haar gebruik?
7.
Hoekom het die jaloerse Stef hom toegelaat om Olga as model te gebruik?
8.
Waar is Stef en Paul op hierdie stadium?
9.
Waar is Stef wanneer Barries later in die aand by Olga in die bed klim?
10.
Wat versteur Barries en Olga dat hulle nie seks kan hê nie?


Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking