10 VRAE OOR HOOFSTUK 9
Sy hartklop tel spoed
op toe hy 'n bedkassie se deurtjie oopmaak. Hy luister oor sy skouer, maar dit
klink nog nie of Paul al terug in die huis is nie.
Dan die ander
bedkassie. Kunstydskrifte en 'n skoendoos. Hy gaan sit plat op die houtvloer en
lig die deksel.
1.
|
Paul en Barries speel
skaak teen mekaar.
|
1.1
|
Hoe weet ons dat Paul
baie seker is dat hy teen Barries sal wen?
|
1.2
|
Wat is die uitslag?
|
1.3
|
Wat is Barries se
reaksie op die uitslag?
|
2.
|
Kyk na die aanhaling
hierbo en sê waar Barries op hierdie oomblik is.
|
3.
|
Wat doen Paul buite,
ten spyte van die stormagtige weer?
|
4.
|
Paul was twee keer
getroud. Noem drie dinge in die kamer wat aan sy tweede vrou herinner.
|
5.
|
Hoekom, dink jy, versamel
Paul kunstydskrifte?
|
6.
|
Wat sien Barries as
hy die skoendoos se deksel oplig wat hom baie emosioneel maak?
|
7.
|
Waar steek Paul sy
brandewyn weg?
|
8.
|
Wanneer laas het hy
brandewyn gedrink?
|
9.
|
Wat doen Barries
vinnig wanneer Paul weer by die huis inkom?
|
10.
|
Wat fluister hy
terwyl hy dit doen?
|
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking