Saterdag 14 Maart 2020

ASEM - Jan Vermeulen


10 VRAE OOR HOOFSTUK 13

"Wel, dit lyk my jy het ook 'n bakleigat geword as ek so na jou hande kyk. En jou gesig is voos geslaan."
*  *  *  *
"Jou pa het ... gaan praat self met hom daaroor. Al wat ek wou sê, is ek het uitgevind hy het tronkstraf uitgedien."
*  *  *  *
"Ek ken nou een van jou groot geheime, Paul Barnard. Scum! Scumbag soos jou pa."
"Tronkvoël. Moordenaar!  ...  Hoe lank het jy gesit?"

1.
Paul bied aan om vir Barries 'n eie hond te koop. Hoekom is Barries egter sinies oor hierdie aanbod?
2.
Wat is, volgens dr. Gretha Hakinin, die redes dat Jona so lank in die yskoue water oorleef het?
3.
Dit gaan Barries baie geld kos om Jona te red.
3.1
Waar kry hy die deposito vandaan? Sê kortliks.
3.2
Waar hoop hy om die res van die geld te kry, en wat is die reaksie op sy versoek?
4.
Barries bel vir Floris, maar sy pa beantwoord die foon en vertel hom een van Paul se "groot geheime".
4.1
Wat vertel oom Charles wat Barries nie geweet het nie?
4.2
Wanneer beplan oom Charles om hierdie inligting teen Barries te gebruik?
5.
Barries noem Paul "Scumbag soos jou pa." In watter opsig is Paul dieselfde as sy pa, volgens Barries?
6.
Waar het Paul die misdaad gepleeg, en hoekom het hy dit nie op daardie stadium as ernstig beskou nie?
7.
Waaraan is sy slagoffer dood?
8.
"Wel, dit lyk my jy het ook 'n bakleigat geword as ek so na jou hande kyk. En jou gesig is voos geslaan."
Wanneer, dink jy, het Paul waarskynlik die letsels aan sy hande en op sy gesig opgedoen?
9.
"Hoe lank het jy gesit?"
9.1
Tot hoe lank is Paul gevonnis?
9.2
Hoe lank het hy uiteindelik "gesit"?
10.
Wat ontdek Barries as hy later daardie dag
10.1
op die stoep kom?
10.2
in Paul se kamer kom?


Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking