10 VRAE OOR HOOFSTUK 10
Hy bly 'n rukkie stil
om oor die oseaan uit te kyk. 'n Paar vissersbote beur teen die diepsee se
deinings. Groot vragskepe lê oënskynlik stil op die kim en 'n walvis vermaak
homself omtrent so vierhonderd meter van die kuslyn af.
Hy klouter verder. Die
soutwater brand sy stukkende voetsole, maar die trane oor sy wange is nie van
pyn nie, wel van die helder sonspiese wat sy oë tref.
1.
|
Wat het Barries onsuksesvol gedoen
voordat hy gaan stilstaan om na die see te kyk?
|
2.
|
Wat gaan Barries by die rotsskeure en
sloepe doen? Sê kortliks.
|
3.
|
Net hierna sien Barries vir Olga kaal op
die rotse lê.
|
3.1
|
Waar het hy haar al voorheen kaal op
rotse sien lê?
|
3.2
|
Wat is haar reaksie as sy besef dat
Barries haar dophou?
|
3.3
|
Wat vrees Barries na hierdie reaksie?
|
4.
|
Waaroor jok Olga as Stef haar aan
Barries voorstel?
|
5.
|
Olga noem Stef "my
beertjie". Dis egter nie die indruk wat die leser van Stef kry nie. Verduidelik.
|
6.
|
Noem drie dinge wat skielik op die
plaas verbeter het.
|
7.
|
Waar kom Barries se simkaart skielik
vandaan?
|
8.
|
Watter slegte nuus het Stef egter vir Barries?
|
9.
|
Barries is waarskynlik langer as die
kleredief. Waaruit kan ons dit aflei?
|
10.
|
Waarteen waarsku Paul vir Barries?
|
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking