Maandag 02 Maart 2020

ASEM - Jan Vermeulen


10 VRAE OOR HOOFSTUK 8


"Barries, is jy altyd so donners dwars?"
"En is jy altyd so donners irriterend?" Hy klap hard teen die geiser. "Weet jy hoekom is ek so?"
Paul knip skaars 'n oog. "Jy klink vir my lus vir 'n rook."

1.
Barries se goed is baie swaar en hulle moet kort-kort rus.
1.1
Hoekom weier Barries dat hulle sy kitaar in die veld agterlaat?
1.2
Wat laat hulle uiteindelik agter?
2.
Beskryf kortliks hoe Paul se huis van buite af lyk.
3.
Hoe het Paul Barnard verander sedert Barries hom twaalf jaar gelede laas gesien het?
4.
Hoe reageer Barries waneer Paul sy hand wil skud, en wat sê hy vir Paul?
5.
Beskryf die toilet kortliks.
6.
Hoekom gebruik Barries die toilet dikwels daardie dag?
7.
Noem 'n paar dinge op die plaas waarvan Barries as stadseun nie hou nie.
8.
Barries sien 'n skildery van Olga, Stef se meisie. Hoe weet hy wie dit is?
9.
Wat doen Paul om homself daaraan te herinner dat hy ophou drink het?
10.
Barries se ma het 'n interdik teen Paul Barnard verkry.
10.1
Wat bepaal die interdik wat sy verkry het?
10.2
Barries het onlangs verjaar. Hoe lank is die interdik nog geldig?


Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking