Woensdag 18 Maart 2020

ASEM - Jan Vermeulen


10 VRAE OOR HOOFSTUK 14 (DEEL 2)

"Ek het vir Stef en Olga in die dorp raakgeloop. Hy's nie gelukkig met die kyke wat jy en Olga vir mekaar gee nie ... Los haar liewer, jy maak net moeilikheid."

"Jy is wragtig verlief op haar."

Nee, sy is 'n kind in vergelyking met my."

1.
Hoekom dink jy slaap Stef en Olga twee nagte in Paul se huis oor?
2.
Noem twee kere in hierdie hoofstuk waar Barries en Olga alleen in mekaar se geselskap is.
3.
Wanneer het Stef Barries die eerste keer gewaarsku dat hy Olga moet uitlos?
4.
Stef hou nie van die manier waarop Barries en Olga na mekaar kyk nie.
Wat het hy aan Olga gedoen as gevolg van sy jaloesie?
5.
Hoe weet Paul dit?
6.
Paul dink Olga is te oud vir Barries.
6.1
Hoe groot is die ouderdomsverskil tussen hulle?
6.2
Watter verskil tussen Barries en Olga is selfs groter, volgens Paul?
7.
Barries dink Paul is heimlik verlief op Olga.
7.2
Wanneer het Paul Olga al "intiem" leer ken?
7.3
Hoekom dink Paul dis absurd om te dink dat hy verlief op Olga is?
8.
Wat stel Barries voor moet hulle doen om Olga van Stef se jaloesie te red?
9.
Dit lyk of Paul nog net een vrou waarlik liefgehad het. Wie was sy?
10.
Wie op die dorp het "die hots" vir Paul, volgens Barries?


[Bron: clipartstation.com]

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking