10 VRAE OOR
HOOFSTUK 14 (DEEL 1)
"Barras, waar's Paul?"
"By sy beelde geslaap."
"En jy?" vra Olga. "Het jy hier op die stoep
geslaap?"
"Nee. Ook in die werkskamer."
"Hoekom?"
"Want Paul ... Ag vergeet dit."
1.
|
Hoekom dink Olga dat Barries moontlik
die vorige nag op die stoep geslaap het?
|
2.
|
Hoekom dink jy het Paul die vorige nag
in die werkskamer geslaap? Gee een moontlike rede.
|
3.
|
Wat was Paul die vorige dag besig om
in die werkskamer te doen toe Barries daar aankom?
|
4.
|
Barries sê vir Olga: "Want Paul
... Ag vergeet dit."
Wat dink jy wou hy vir Olga sê?
|
5.
|
Waarheen gaan Barries en Olga terwyl
Stef na Paul gaan soek?
|
6.
|
Later bel Barries dokter Hakinin.
|
6.1
|
Watter slegte nuus deel dokter Hakinin
hom mee?
|
6.2
|
Wat bedoel sy wanneer sy sê
"Miskien moet ons die dier liewer uithelp."?
|
6.3
|
Hoekom stel sy hierdie opsie voor?
|
7.
|
Barries bel ook sy ma.
|
7.1
|
Waaroor verwyt hy haar?
|
7.2
|
Watter verskoning bied sy hiervoor
aan?
|
8.
|
Barries vra Paul om hom die volgende
dag veearts toe te neem.
Hoe reageer Paul en Stef wanneer hy
dit van Paul eis?
|
9.
|
Volgens Paul moet hy self ook by 'n
dokter uitkom. Hoekom?
|
10.
|
Wat frustreer Barries later daardie
aand intens wanneer hulle gaan slaap?
|
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking