10 VRAE OOR
HOOFSTUK 11 DEEL 1
Die
pyn skiet deur sy hand terwyl sy bloed soos verf oor die klippe vlek.
"Om
jouself te breek, sal jou niks help nie," sê Paul omgekrap. "Laat ek
sien."
"Jy
raak nie aan my nie!"
1.
|
Wat frustreer Barries die meeste van
sy nuwe selfoon?
|
2.
|
Barries is desperaat vir dagga, maar
Paul bied vir hom brandewyn aan.
|
2.1
|
Wat, dink jy, wil Paul hê moet Barries
weet wanneer hy dit aanbied?
|
2.2
|
Hoe voel Barries oor brandewyn?
|
2.3
|
Wat is die rede dat hy so hieroor
voel?
|
3.
|
Hoe het Barries sy hand beseer?
|
4.
|
Waaroor was hy so gefrustreer dat hy
dit gedoen het?
|
5.
|
Kyk na Barries se sterk reaksie
wanneer Paul aan hom wil raak. Wat, dink jy, is die rede hiervoor?
|
6.
|
Wie laat Barries wel toe om sy hand te
versorg?
|
7.
|
Waarop sou Barries eerder sy hand wou
stukkend slaan?
|
8.
|
Paul sê Barries moet ophou om homself
te verkleineer. Hoe laat Paul Barries egter voel, volgens Barries?
|
9.
|
Wat gee Paul vir Barries vir sy
pynlike hand?
|
10.
|
Barries hou skynbaar nie van die kos wat
Paul vir hom voorsit nie.
Wat gaan Paul voortaan vir hom gee om
sy liggaam weer sterk te maak?
|
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking