Dinsdag 25 Februarie 2020

ASEM - Jan Vermeulen


10 VRAE OOR HOOFSTUK 5

"Maar onthou, as jy dagga by enige plek koop voor jy op die bus klim, vat ons jou reguit selle toe. Verstaan jy vir my?"

"Ek verstaan, Oom."

"As jy droogmaak by jou pa, of as jy te gou terugkom, of jy kom terug en ek kry een blaartjie of een pil by jou ... is dit tronksake vir julle almal."

1.
Waarheen neem kaptein Mfeka en sersant Schreuder Barries vroeg daardie oggend? Sê ook hoekom.
2.
Hoe probeer Barries homself verontskuldig terwyl hy daar is?
3.
Wat moet Barries daarna vir die polisie-offisiere gaan wys?
4.
Waaroor jok hy, en hoekom?
5.
Kaptein Mfeka sê die woorde hierbo net voordat hy Barries by hul woonstel aflaai.
Hoe weet ons dat Barries hom nie steur aan die kaptein se waarskuwing nie?
6.
Barries noem kaptein Mfeka "Oom". Wat dui hierdie aanspreekvorm aan? Kies jou antwoord uit die volgende:
A
respek
B
vrees
C
bewondering
D
sarkasme
7.
Wat bedoel kaptein Mfeka met "droogmaak" in die aanhaling hierbo?
8.
"een blaartjie of een pil"
Watter blaartjies en pille gebruik Barries wanneer hy weer in die woonstel kom?
9.
Watter waaghalsige ding doen hy op hulle balkon?
10.
Watter ernstige ding vertel Barries vir sy ma wat haar laat dink dat hy net 'n grap maak?


Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking