Vrydag 21 Februarie 2020

ASEM - Jan Vermeulen


10 VRAE OOR HOOFSTUK 3

'n Verpleegster onderbreek hulle. "Hier is mense in die gang. Die dokter sê dis reg so, hulle kan maar inkom." Sy maak die saaldeur oop en nooi 'n groot swart man in 'n swart pak, blou hemp en rooi das binne. 'n Jong wit vrou in polisie-uniform vergesel hom.

Met die intrapslag haak die man die boeie van sy gordel los.

1.
Waar is Barries, en wie is by hom?
2.
Hoekom het hy hier beland?
3.
Barries sien 'n "vreemde, stokou bleekgesigman met donker kringe om sy rooi oë wat na hom kyk. Wie is dit wat hy sien? Sê kortliks.
4.
Wie is die groot swart man in die aanhaling hierbo? Gee sy naam.
5.
Wie is die jong wit vrou? Gee haar naam.
6.
Noem 5 dinge wat aan Barries behoort wat hulle saamgebring het.
7.
Sê kortliks hoekom die man die boeie van sy gordel afhaal.
8.
Die polisievrou versoek dat die man dit nie moet doen nie. Wat stel sy voor moet hulle eerder doen?
9.
Watter kompromis is die man bereid om aan te gaan?
10.
Watter waarskuwing rig hy egter tot Barries?

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking