Woensdag 19 Februarie 2020

ASEM - Jan Vermeulen


10 VRAE OOR HOOFSTUK 2

"In is julle, maar net een wrong move en julle is uit. Onthou, dis 'n decent joint. Ons soek nie scum nie."
*   *   *
Die volgende oomblik het Jumbo Kruger hom aan die kraag beet en sweef hy oor die vloer. Jumbo sit hom hardhandig buite op die sypaadjie neer. Jumbo klap hom so hard dat hy tol en aan 'n parkeermeter moet hang om nie in die teerpad te land nie.


1.
Watter werk doen Jumbo Kruger? Gee een woord as antwoord.
2.
Wie is "julle" na wie Jumbo verwys? Sê volledig.
3.
Jumbo praat van 'n "decent joint". Wat is dié plek se naam?
4.
"Net een wrong move en julle is uit." Watter 'wrong move" maak Barries terwyl hulle binne is? Sê kortliks.
5.
Barries se vriende wil huis toe gaan, maar Barries wil nie. Wat gaan hulle by Butcher doen?
6.
Hoekom waarsku Lizette vir Barries om nie skoor met Butcher te soek nie?
7.
Hoekom objekteer Theo teen die dwelms wat hulle laaste gekoop het? Sê kortliks.
8.
Terwyl hulle ry, word Barries vaag bewus van 'n dowwe stamp en hy word wakker as hy sirenes hoor. Verduidelik kortliks wat gebeur het.
9.
Wat sien hy as hy na die voorruit kyk?
10.
"'n Harde hou klap teen die kant van sy kop."
10.1
Wie het Barries vroeër daardie aand ook 'n hou teen sy kop gegee?"
10.2
Wie, dink jy, gee hom nou 'n hou teen die klop?


Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking