10 VRAE OOR HOOFSTUK 1
"My
pa is 'n monster. Monsters verander nie. Rotte sal altyd rotte bly."
"Maar
mense is nie rotte nie," sê Lizette. "Barries, jy's nie die enigste
een wie se pa nie meer by hulle bly nie. Ek ken hope ander mense wat in dieselfde
bootjie as jy is. "
|
1.
|
Watter spesiale dag is dit vir Barries?
|
2.
|
Vir wie sê Barries die woorde in die
aanhaling hierbo?
|
3.
|
Waar is Barries se pa op die oomblik?
|
4.
|
Waar bly Barries en sy ma?
|
5.
|
Sê kortliks hoekom Barries dink dat sy
pa 'n monster is.
|
6.
|
Barries sê: "Ek dink nie ek sal iemand kan doodmaak
nie." Wat beplan Barries egter om gedurende die vakansie aan sy
monster-pa te doen? Sê kortliks.
|
7.
|
Hoekom verwys Barries spesifiek na rotte
in die aanhaling hierbo?
|
8.
|
Wat is daar in Barries se tas wat langs
sy bed lê?
|
9.
|
"Wanneer ek klaar is met hom, vat
ek my ma se nooiensvan."
|
9.1
|
Wat is Barries se ma se nooiensvan?
|
9.2
|
Hoekom sal die naam "Barries"
dan irrelevant wees? Verduidelik kortliks.
|
10.
|
Hoekom is Barries se ma gretig dat hy by
sy pa moet gaan kuier?
|
[Bron: Dreamstime.com]
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking