Vrydag 04 Oktober 2019

IEB AFRIKAANS HT: Voorgeskrewe roman 2020



Die begeerte van Brittanje om die goudmyne in Transvaal te besit en te beheer, was die hoofoorsaak van die uitbreek van die Anglo-Boereoorlog. Andries Fourie is nege jaar oud as die oorlog hul gesin begin raak: hulle dorp Bethal, die kerk en die pastorie, word afgebrand en die gesin word na die Standerton-konsentrasiekamp toe gestuur. Andries se pa is later 'n krygsgevangene wat Ceylon toe gestuur word. Die hele gesin sterf, behalwe Andries, wat ondanks groot beproewings oorleef. Hy koester bittere haat en 'n wrok teenoor die onregpleger, Lord Kitchener, en sweer wraak. Hy kry 'n beurs om homself as regsgeleerde in die buiteland te gaan bekwaam. Hier ontmoet hy Fritz Duquesne, 'n spioen uit Suid-Afrika. Duquesne en Fourie se lewens raak vervleg in hul missie om Kitchener te vermoor. Andries word in twee geskeur oor wat hy van plan is om te doen. Hy word aangeraai om te vergewe, maar die gebeure sleur hom so mee dat die einde van die verhaal onafwendbaar word. Ware gebeure en fiksie word só vervleg dat dit 'n hegte eenheid vorm. 

[Bron: Uittreksel uit Die Dag van die Lord studiegids, uitgegee deur edupage cc]

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking