Dinsdag 01 Oktober 2019

Emotiewe taalgebruik


Let op die volgende:
·         Uitroepe en gevoelswoorde maak taal interessant en gee kleur gee aan spraak.
·         Dit dui gewoonlik die emosie/intensiteit aan waarmee iets ervaar en verwoord word.
·         Die oormatige gebruik van uitroepe en emotiewe taal kan egter irriterend wees.
·         Hierdie woorde word gewoonlik in die direkte rede gebruik as 'n persoon se eie woorde.
·         In die indirekte rede word die emosie wat in die woorde teenwoordig is, gewoonlik omskryf.
·         Vloekwoorde en kragtaal is ook uitroepe of gevoelswoorde, maar moet liefs vermy word.
·         'n Sin met 'n uitroep of gevoelswoord in, bevat nie noodwendig 'n uitroepteken nie. Dit hang af van die toon of intensiteit waarmee iets gesê word.



VRAAG 1
Hier is 'n aantal uitroepe en gevoelswoorde wat dikwels in Afrikaans gebruik word. Langsaan is 'n kort verduideliking wanneer hierdie woorde gebruik sal word. Pas die verduideliking by die woorde waar dit die beste sal pas en skryf net die nommers en letters neer, bv. 1.1 F.
1.1
Aitsa
A
om vreugde/blydskap uit te druk
1.2
Genugtig
B
om te bevestig dat jy saamstem
1.3
Hoera
C
om ongeduld uit die druk
1.4
Eina
D
om ongeloof uit te druk
1.5
Foeitog
E
om afkeer oor iets uit te spreek
1.6
Sowaar
F
om intense koue uit te druk
1.7
A nee a
G
om (positiewe) verbasing uit die druk
1.8
Sies
H
om simpatie/bejammering uit te druk
1.9
Brrr
I
om aan te dui dat jy nie saamstem nie
1.10
Aikôna
J
om pyn uit die druk
 

VRAAG 2
Skryf nou elke keer net een van die uitroepe/gevoelswoorde hierbo neer waar dit die beste sal pas. Gebruik elke woord slegs een keer.
2.1
" ..., ek het my kop teen die muur gestamp!" 
2.2
" ..., die eksamen was glad nie so moeilik soos jy dink nie."
2.3
" ..., kyk net na die meisie in die minirok se mooi bene!" 
2.4
" ..., wat stink so in die yskas?"
2.5
" ..., daar wag 'n heerlike maandlange vakansie op my!"
2.6
" ..., na die brand in hul huis het die arme mense niks oor nie."
2.7
" ..., ek kan nie glo wat my oë sien nie!"
2.8
" ..., my dik woljas en serp help absoluut niks nie."
2.9
" ..., dis nie hoe ek jou geleer het nie!"
2.10
" ..., ek het nie verwag om 100% vir die toets te kry nie."

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking