Donderdag 07 Maart 2019

10 VRAE OOR Ek wil deur Willem Fransman

1.
Wat noem 'n mens die soort Afrikaans waarin hierdie gedig geskryf is?
2.
Watter Suid-Afrikaners gebruik dikwels hierdie soort Afrikaans?
3.
Wat noem die gemeenskap gedigte wat in hierdie soort Afrikaans geskryf is?
4.
Watter name het die spreker hiervoor? Gee twee.
5.
Gee twee redes uit die gedig hoekom die spreker op hierdie manier skryf.
6.
Wat beteken dit as 'n persoon hom/haar "upstairs (wil) hou"? (Reël 25)
7.
Met watter woorde verwys die spreker na die wit gemeenskap?
8.
Watter twee opsies gee die spreker vir mense wat nie sy Afrikaans goed verstaan nie, volgens reëls 28 en 29? Sê in jou eie woorde.
9.
In strofes 3 en 4  kry ons anafore. Wat beteken die term?
10.
Ons kry hier 'n voorbeeld van metapoësie. Wat beteken dit? Kies jou antwoord uit die volgende moontlikhede:

A
'n Gedig wat uit veertien versreëls bestaan

B
'n Gedig wat in vrye vers geskryf is

C
'n Gedig wat oor gedigte of digkuns handel

D
'n Gedig met 'n epiese en verhalende element

                            


Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking