Saterdag 22 Desember 2018

IEB AFRIKAANS EAT: Voorgeskrewe roman 2020


ASEM van Jan Vermeulen is die IEB EAT se voorgeskrewe prosawerk vir 2020. Dit is die storie van 'n tienerseun, Barries Barnard, se stryd teen dwelms en hoe hy dit uiteindelik met die hulp van ander mense oorkom. In die proses word Barries ook 'n veel beter mens. Hier is 'n lys van die meeste karakters wat in die boek voorkom:

Barries
die hoofkarakter
Lizette
Barries se meisie
Floris
Barries se vriend
Theo
Barries se vriend, Floris se broer
Vera Barnard
Barries se ma
Paul Barnard
Barries se pa
Butcher
'n dwelmverkoper
Kaptein Mfeka
'n ondersoekbeampte van die polisie
Sersant Nico Schreuder
'n ondersoekbeampte van die polisie
Stef
Paul se beste vriend
Olga
Stef se meisie
Jona
die hond wat Barries uit die see gered het
Fillie Booysen
'n rondloperseun op Seeplaas
Dr Gretha Hakinin
die veearts in Humansdorp
Eunicé du Toit
die blinde eienaar van Jona

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking