Dinsdag 03 Julie 2018

10 VRAE OOR Tien Haikoes vir die Vredefortkoepel van Hans du Plessis

Tien Haikoes vir die Vredefortkoepel van Hans du Plessis is voorgeskryf vir die NSS Afrikaans Graad 12 Eerste Addisionele Taal.



1.     Meteoriet
        Waarmee word die geweld waarmee die meteoriet die aarde tref, vergelyk?

2.     Wind
Wat veroorsaak die asem wat "oor yslike nagte" jaag?

3.     Water
        Watter klank oorheers in hierdie haikoe?

4.     Grond
        Bespreek kortliks die personifikasie wat ons in hierdie haikoe aantref.

5.     Boom
        Wat dwarrel "veerlig" in hierdie haikoe?

6.     Mens
Wat beteken die uitdrukking "op grond van", en watter tweeledige betekenis het grond in hierdie haikoe?

7.     Wêrelderfenis
Die spreker gebruik interessante woordspeling met die woord "mens-dom". Verduidelik.

8.     Besoedeling
Op watter manier vernietig die mens die natuur in hierdie strofe?

9.     Dankgebed
        Waarvoor, dink jy, dank die spreker God in hierdie haikoe?

10.   Tien
Verduidelik die moontlike rede(s) hoekom die spreker "Groot Ekskuus" met hoofletters skryf.



[Bron: https://allaboutworldheritage.com/tag/za-vredefort-dome/]


Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking