Donderdag 21 Junie 2018

Hoopvol: Kontekstuele vrae


DIE ROESROOI KAROOKLIP

Lees die aanhaling hieronder en beantwoord dan die vrae wat volg.

Hy buk langs die boom en tel 'n klip op. Die klip is roesrooi en dit lyk asof dit twee swart wangetjies het. Hy hou die karooklip na haar uit. "Dis vir jou, Nathalie van Hoopvol," sê hy en vou haar vingers om die klip.

Sy slaan haar arms om sy lyf en soen hom. "Dankie. Ek sal dit vir altyd bêre." Sy klim agter op die motorfiets en bêre die klip in sy windbreker se sak en slaan haar arms om sy lyf. Leun met haar kop teen sy rug. Anders as wat sy gedink het, werk dinge dalk nog uit.
 [Uit: Hoopvol deur Derick van der Walt, bladsy 124]


1.
Waar is Nathalie en Bobby wanneer hy vir haar die klip gee?
2.
Hoe het Bobby hierdie gunsteling-plek ontdek?
3.
Bobby maak 'n belofte aan Nathalie. Hoe sou hy "Nathalie van Hoopvol" se toekoms verander?
4.
Nathalie vergeet die klip in Bobby se windbreker se sak. Waar en onder watter omstandighede sien sy weer die klip? Vertel kortliks.
5.
"Anders as wat sy gedink het, werk dinge dalk nog uit." Wat was die rede dat dinge tussen Bobby en Nathalie nie uitgewerk het nie?
6.
Waar bring Nathalie die grootste deel van haar volwasse lewe deur?
7.
Bobby vind nooit stabiliteit in sy lewe nie. Noem vier plekke waar Bobby gewerk het nadat hy Hoopvol verlaat het.
8.
Nathalie sê: "Ek sal dit vir altyd bêre." Waar het Nathalie altyd die klip gebêre?
9.
Hoe beland die klip uiteindelik in Ben se besit?
10.
Op watter simboliese manier bring die klip uiteindelik vir Bobby en Nathalie by mekaar uit? Verduidelik kortliks.


[Bron: https://pngtree.com/freepng/red-stone]


Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking