Sondag 06 Mei 2018

Woordeskat: Blokkiesraaisel (4)


Dwars

1.    Anthea is smoorverlief; ons kan ook sê sy is _____
2.    Ai, ek is moeër as moeg, ek is _____
4.    As piesangs baie ryp is, is dit _____
8.    As iets baie hard is, is dit _____
9.    As groente baie vars is, is dit _____
10.  As 'n gebou baie hoog is, is dit _____
11.  Wees nou _____ (intensiewe vorm van eerlik) en vertel my die waarheid

Af

1.    As iemand baie stil sit, sê ons sy sit _____
3.    Die intensiewe vorm van wakker
5.    As iemand baie bleek is, is so 'n persoon _____
6.    Die intensiewe vorm van donker
7.    Hy het verskriklik baie gedrink en nou is hy _____

 

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking