Dinsdag 15 Mei 2018

Sinstrukture


Lees die sinne hieronder en skryf dit dan oor soos aangedui. Die basiese betekenis moet dieselfde bly.

ETIKETREËLS

1   Etiketreëls verander, want ons wêreld en ons lewens verander gedurig.
     Aangesien ...

2   As jy 'n nuweling ontmoet, moet jy nie dadelik persoonlike vrae vra nie.
     Dis nie reg om ...

3   Dit kan 'n groot verleentheid vir jou en vir die ander persoon veroorsaak.
     Dit kan 'n groot verleentheid veroorsaak, sowel ...

4   Iemand kan dink dat jy 'n goedkoop sensasiesoeker is wat nie vertrou kan word nie.
     Iemand kan dink: Hy/sy ... en ek kan ...

5   Dis verkeerd om by 'n geselligheid altyd die middelpunt van belangstelling te wil wees.
     Dis nie reg om ...

6   Moenie jou wil en opinie op ander mense afdwing nie.
     Moenie probeer om ...

7   Gee ander mense 'n kans om hul standpunte te stel. Jy vind uit hoe hulle oor sake voel.
     Gee ander mense 'n kans om hul standpunte te stel sodat ...

8   Het jy al ooit ander mense onderbreek wat hul standpunte stel?
     Nee, ...

9   Onderbreek jy nog mense wat hul standpunte probeer stel?
     Nee, ...

10  Jy moet positiewe gesprekke voer, indien moontlik.
      Die gesprekke wat ..., ...

11  Moenie net op negatiewe dinge fokus nie; dit maak ander mense ook negatief.
      Dit maak ander mense ook negatief as ...

12  Wanneer jy 'n afspraak het, doen alles moontlik om betyds te wees.
      Wanneer jy 'n afspraak het, doen alles moontlik om nie ...

13  As jy sien jy gaan laat wees, moet jy die ander persoon laat weet.
      ... as jy sien jy gaan laat wees.

14  Sê net dat jy jammer is en dat jy so gou moontlik daar sal wees.
      Sê net: "..."

15  Moderne tegnologie het nuwe etiketreëls gebring.
      Deesdae ...

16  Moderne tegnologie het nuwe etiketreëls gebring.
      Nuwe etiketreëls ...

17  Jy moet nie 'n selfoongesprek op 'n besige plek voer nie; ander mense kan alles hoor.
      'n Selfoongesprek ..., omdat ...

18  Moenie jou selfoon die hele tyd dophou as jy 'n boodskap verwag nie.
      Jy hoef ...

19  Hy ontvang 'n dringende teksboodskap. Hy reageer dadelik daarop.
      Nadat ..., ...

20  Ons moet altyd etiketreëls gehoorsaam om respek aan ander mense te toon.
      Etiketreëls ... sodat ...


Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking