Donderdag 10 Mei 2018

HOOPVOL: Opstelvraag


Die nare ou Lettie, eienaar van die Rose and Crown

Skryf 'n opstel van 250 – 300 woorde waarin jy Lettie as karakter bespreek. Fokus onder andere kortliks op die onderstaande aspekte:
  • Lettie het die jong meisies wat vir haar gewerk het, gedurig daaraan herinner hoe dankbaar hulle teenoor haar moet wees. Waarvoor moes hulle dankbaar wees?
  • Lettie het Nathalie teen Bobby gewaarsku. Watter opinie het sy oor hom uitgespreek?
  • Watter rol het Lettie daarin gespeel om Nathalie se toekoms met Bobby te verwoes?
  • Lettie en Laetitia September was skynbaar vriendinne. Hoe kon dit vir Lettie voordelig wees om vriende met Laetitia te wees?
  • Hoe het Lettie seker gemaak dat die mense van Hoopvol weet van haar en Laetitia se vriendskap?
  • Hoe het Liefie voordeel getrek uit ou Lettie se dood?
  • Ben het nie vir Lettie geken nie. Wat noem hy haar egter wat aantoon dat hy haar nie respekteer nie?


Prent geneem uit edupage cc se studiegids oor HoopvolHope hulp met Hoopvol. Vir verdere inligting, stuur 'n e-pos aan edupage@vodamail.co.za. 

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking