Dinsdag 17 April 2018

Afrikaans EAT Voorgeskrewe werk Hoopvol

Lees die volgende teks noukeurig deur en vul dan die ontbrekende woorde in. Jy sal die woorde in die woordwolk vind.




HOOPVOL handel oor 'n jong seun, Ben, se __________ na sy pa nadat sy ma en sussie in 'n brand  __________ het. In die proses reis hy van Johannesburg af na Pretoria en Bloemfontein toe en  __________ kom sy reis in 'n klein Karoodorpie, Hoopvol, tot 'n einde. Alhoewel Ben nie sy pa hier vind nie, is dit die plek waar hy aan die einde  __________ vind en 'n nuwe begin kan maak. 

Verskeie  __________ word in die boek aangespreek. Dis byvoorbeeld belangrik om na die  __________ tussen verskillende karakters in die boek te kyk. Die  __________ is ook 'n belangrike element in die verhaal, want die agtergrond waarteen die verhaal afspeel, bepaal baie van die  __________ wat plaasvind. __________ speel ook 'n belangrike rol en die boek word gelyktydig as twee  __________ verhale aangebied. Ongeveer sewentien jaar verloop tussen die verhale. Die  __________ van die trein is belangrik in HOOPVOL, aangesien verskeie reise (letterlik en  __________) in die boek onderneem word.

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking