Woensdag 11 April 2018

10 VRAE OOR Filmstudie: Ballade vir 'n Enkeling (1)

Bestudeer die skermskoot hieronder noukeurig en beantwoord dan die vrae wat daarop volg.



[Hierdie skermskoot word by 01:01:24 op die Ballade vir 'n Enkeling DVD getoon.]

  1. Wat word hierdie kameraskoot genoem?
  2. Hoe word dit 'n hierdie skermskoot duidelik gemaak wie die hoofkarakter in die film Ballade vir 'n Enkeling is?
  3. Wat is Jan-Paul Otto se beroep?
  4. Wat is die funksie van die teks op die skerm?
  5. Verduidelik hoekom Alicia Francke se naam in rooi letters op die skerm verskyn.
  6. Waaroor is Alicia Francke jaloers, volgens die teks op die skerm?
  7. Watter woord verskyn teen die geel agtergrond onderaan die skerm?
  8. Wie is die karakter wat die internetsoektogte onderneem?
  9. Waarom word die teks op die skerm so groot aangedui en die karakter so klein?
  10. Verduidelik die gebruik van lig in hierdie skermskoot.

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking