BUSRIT IN DIE AAND – Elisabeth Eybers
VRAE
1. Verduidelik die betekenis van die tweede versreël in jou eie woorde. (1)
2. In die tweede versreël lees ons dat die stadswerkers se monde" moeg gesluit" is. Watter ander woord in dieselfde strofe is ʼn sinoniem vir "moeg"? (1)
3. Wat, dink jy, laat die lig wat op die straat val, soos "lang ligvaandels" lyk? Sê in een sin. (1)
4. Hoe word hierdie feit in strofe 3 verder beklemtoon? (1)
5. ʼn Bus is ʼn "voertuig" en nie ʼn "vaartuig" nie. Hoekom, dink jy word "vaartuig" hier gebruik? Verduidelik kortliks. (2)
6. Verduidelik die woord "ploeg" in die konteks van die gedig en sê ook hoekom dié woord gebruik word eerder as ʼn woord soos "ry" of "vaar". (2)
7. In strofe 3 word die passasiers se aandrit metafories met dié van ʼn boot op see vergelyk –
7.1 Wie is die "stuurman" in die konteks van hierdie gedig? (1)
7.2 Wat is die "kaperskuit" in die konteks van die gedig? (1)
7.3 Wie is die "slawe"/"buit" in die gedig? (1)
8. Gee ʼn sinoniem uit die gedig vir "refleksie". (1)
9. Haal ʼn versreël met vier werkwoorde aan wat personifikasie aandui. (1)
10. Strofe 5:
10.1 Wie is "ons" van wie daar in strofe 5 gepraat word? (1)
10.2 Wie is "hul" in dieselfde strofe? (1)
10.3 Waarin lê die groot verskil tussen "ons" en "hul", volgens die gedig? Sê kortliks in jou eie woorde. (2)
11. Strofe 1 word, met geringe wysiging, aan die einde van die gedig herhaal. Wat, dink jy, is die funksie van dié herhaling? (1)
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking