BUSRIT IN DIE AAND – Elisabeth Eybers
BOODSKAP
Wanneer daar na ʼn boodskap in hierdie gedig gesoek word, dink ʼn mens onwillekeurig aan die uitdrukkings "Gedeelde vreugde is dubbele vreugde" of "Lag en die wêreld lag saam met jou, huil en jy huil alleen".
Die feit dat twee mense op mekaar kan steun in sulke neerdrukkende omstandighede, verlig hulle lot en help dat hulle nie ook tragiese slagoffers van die stadsroetine word nie. Dis ʼn bekende feit dat die stadslewe mense kan laat vereensaam en dat dit mense baie neerslagtig kan maak omdat daar min persoonlike interaksie met andere is. Elkeen is behep met sy/haar eie omstandighede en die enigste mense van wie hulle in hierdie onnatuurlike bestaan bewus is, is hulleself. Let dan ook daarop dat die passasiers in die bus se enigste "geselskap" hul eie refleksies in die bus se vensterruite is en nie die geselskap van ander passasiers nie.
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking