BUSRIT IN DIE AAND – Elisabeth Eybers
ANTWOORDE
1. Die werkers is so moeg na ʼn lang dag se werk dat hulle net voor hulle uitstaar en nie met mekaar gesels nie.
2. "suf"
3. Die pad is nat, dit het vermoedelik gereën/ Reën op ʼn pad rek die lig wat daarop skyn.
4. In strofe 3 word die busrit met ʼn bootvaart op die oseaan vergelyk, waar passasiers deur water omring is.
5. ʼn Boot/skip is ʼn vaartuig, want dit vaar op die see. Omdat die busrit met ʼn seevaart vergelyk word, word die bus dus ʼn "vaartuig" genoem.
6. Die werkwoord "ploeg" verwys hier na ʼn rit waaroor die insittendes geen beheer het nie.
As ʼn voertuig byvoorbeeld tussen ʼn skare mense inry, sê ons dit "ploeg" tussen die mense in. Dit verwys dus na hoe gevaarlik hierdie rit in ʼn oorvol bus op ʼn nat pad vir die passasiers is. Woorde soos "waggel" en "skommelende swaai" is ook ʼn aanduiding van hoe gevaarlik die rit vir die passasiers is.
7.1 die busbestuurder
7.2 die bus
7.3 die passasiers in die bus
8. "weerkaatsing"
9. "en hyg en skok en snork en swoeg opdraand"
10.1 die spreker en sy/haar metgesel
10.2 die buspassasiers
10.3 Die spreker en sy/haar metgesel is opgewonde en lag mekaar vrolik toe , terwyl die res van die passasiers met stroewe gesigte neerslagtig en moeg lyk.
11. Dit dui die eenselwigheid van hierdie mense se lewens aan. Daar is niks wat die roetine verbreek nie. Môre sal alles weer presies dieselfde wees – die toekoms is uitsigloos.
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking