Saterdag 16 Augustus 2025

ASPOESTERTJIE EN DIE DRIE BERE – Nelia Engelbrecht

ASPOESTERTJIE EN DIE DRIE BERE – Nelia Engelbrecht

AGTERGROND

Die verhaal speel hoofsaaklik af in 'n luukse sekuriteitskompleks – Glenhaven – waar die hoofkarakter – Corli – se twee beste vriendinne woon. Corli-hulle is nie ryk mense nie – maar haar vriendinne – Vanessa en Triz – se ouers het baie geld en hulle woon in luukse huise en ry met deftige motors rond. Corli het 'n sterk persoonlikheid en laat haar nie hierdeur afsit nie. Sy bring baie tyd saam met haar vriendinne in dié ryk buurt deur en dit lyk asof sy baie tuis is daar.

Nuwe bure het langs Triz-hulle ingetrek en die meisies gaan daarheen om die drie nuwe 'hunks' van Glenhaven te gaan ontmoet. Die ontmoeting verloop effens anders as wat Corli gehoop het – maar hierdie ontmoeting is die motoriese moment in die verhaal wat verdere gebeure aan die gang sit en die verloop van die verhaal bepaal.

Die verhaal kan as 'n moderne sprokie beskou word – 'n vermenging van die verhale van Aspoestertjie en van Gouelokkies en die drie bere. Dié vermenging vind reeds in die titel plaas. Net soos in die verhaal van Aspoestertjie – het hierdie verhaal ook 'n baie gelukkige einde.

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking