ASPOESTERTJIE EN DIE DRIE BERE – Nelia Engelbrecht
KORTVRAE
1. |
'Vanoggend – toe Triz bel om te sê daar's sowaar drie van hulle ...' |
1.1 |
Wie/wat is die 'drie'? (1) |
1.2 |
Hoekom was Triz die eerste om die drie te sien? (1) |
2. |
Vanessa wil ook sien hoe die seuns lyk. Waarom beskou sy Triz as baie gelukkig? (1) |
3. |
Waarom voel Corli dat Vanessa nie eintlik rede het om oor haar situasie te kla nie? Noem drie redes. (3) |
4. |
Triz sê dat 'n mens sjokolade op die drie broers se maagspiere sal kan rasper. Waarom gebruik sy waarskynlik hierdie vergelyking? (2) |
5. |
Vanessa is seker die broers oefen elke dag. Hoe weet ons dat sy baie fiksheidsbewus is? (1) |
6. |
Waarom vra die meisies vir Rosy – Triz-hulle se huishulp – wat die seuns se name is? (1) |
7. |
Waarom weet sy ook alles van Corli en haar twee vriendinne af? (1) |
8. |
'Die res van die vakansie lyk al hoe meer belowend'. Wat bedoel Corli met hierdie woorde? (1) |
9. |
Elkeen van die meisies dink aan 'n verskoning om hulleself aan die broers te gaan voorstel. |
9.1 |
Watter verskoning wil Corli gebruik? Sê ook kortliks hoekom sy dié verskoning wil gebruik. (2) |
9.2 |
Waarom is die bikini baie waardevol vir Corli? (1) |
10. |
Corli en Vanessa begin stry oor die bikini. Hoe ontlont Triz die spanning tussen die meisies? (1) |
11. |
Flankeer is skynbaar Corli se spesialiteit. Hoekom glo sy egter nie aan 'n ernstige verhouding nie? (2) |
12. |
Hoe gebeur dit dat Corli bo-op die seun op die sonstoel beland? (2) |
13. |
Terwyl sy bo-op hom lê – kan Corli nie ophou om in die seun se oë te staar nie. Hoekom? (1) |
14. |
Watter grappie maak Corli om haarself uit die verleentheid te probeer kry? (1) |
15. |
Corli het op Gareth beland – maar wat van die res ... |
15.1 |
Waarin is Grant duidelik baie geïnteresseerd? (1) |
15.2 |
Wat is al waarin Graham belangstel – en hoe weet ons dit? (2) |
16. |
Gareth vra of Corli langs hulle woon. Vanessa se mond hang oop wanneer Corli vir Gareth antwoord. Hoekom? (1) |
17. |
Gareth vertel vir Corli dat sy ma hulle maklik uitmekaar ken – al lyk hulle dieselfde. Volgens hom is hy die mooiste een. Wat sê Graham dan van Gareth waarmee Corli saamstem? (1) |
18. |
Die meisies kuier omtrent 'n uur lank saam met die drie broers. Tot watter gevolg-trekking kom Corli in hierdie tyd oor elkeen van die broers? (3) |
19. |
Wat besluit Corli die volgende dag om te doen wanneer sy van Triz-hulle se balkon af sien dat daar geen teken van die De Beer-broers is nie? (1) |
20. |
In die aantrekkamertjie sien Corli dat hulle dit lekker ingerig het - |
20.1 |
Noem twee dinge wat die kamertjie baie gerieflik maak. (2) |
20.2 |
Waar vind Corli haar bikini? (1) |
21. |
Waarom is sy so bly om haar bikini terug te kry? (2) |
22. |
Corli is nogal voorbarig as sy in die aantrekkamertjie kom. Wat doen sy wat sy eintlik nie behoort te doen nie? (2) |
23. |
Corli skrik wakker wanneer sy hoor hoe een van die broers haar met Gouelokkies vergelyk. Watter ooreenkomste is daar tussen haar en Gouelokkies? (3) |
24. |
Hoekom nooi Gareth vir Corli om saam met hom te gaan swem? (1) |
25. |
Alhoewel Gareth eers voorgee dat hy Grant is – besef Corli na 'n rukkie dat dit wel Gareth is. Hoe besef sy dit? (1) |
26. |
Watter besluit neem Corli na hierdie insident met Gareth? (1) |
27. |
Gareth hou daarvan om T-hemde met slagspreuke te dra. Hoe kan 'n mens aan die slagspreuke sien dat hy nogal 'n hoë dunk van homself het? (2) |
28. |
Wat beteken dit as Corli haar ma se motor as 'saam met Noag uit die ark' beskryf? (1) |
29. |
Corli-hulle sukkel finansieel. Hoe probeer haar ma om die gesin te onderhou? (2) |
30. |
Corli se ma laai haar by die restaurant af. Wat stel Corli voor sal sy doen omdat haar ma se motor skynbaar probleme gee – en wat antwoord haar ma? (2) |
31. |
Die restaurant ontvang daardie aand besoekers wat Corli nie verwag het nie – |
31.1 |
Hoe beskryf sy Kristen – wat aandui dat sy nie van haar hou nie? (1) |
31.2 |
Corli sien dan vir Gareth. Watter effek het hy op haar? (1) |
32. |
Waar en wanneer het Gareth en Kristen mekaar ontmoet? (1) |
33. |
Verduidelik kortliks waarom Corli vir Kristen as haar grootste vyand beskryf. (2) |
34.1 |
Noem drie dinge waaroor Kristen kla – waarskynlik om Corli terug te kry vir die kougom-episode. (3) |
34.2 |
Waarmee dreig sy as Corli nie gaan doen wat sy vra nie? (1) |
34.3 |
Corli besluit om eerder te doen wat Kristen haar beveel. Hoekom? (1) |
34.4 |
Wat sê Kristen vir Gareth wat Corli waarskynlik baie seermaak? (2) |
35. |
Corli beland op die vloer en die breekgoed val in stukke op die grond – |
35.1 |
Wat wil Gareth dadelik weet? (1) |
35.2 |
Waarom sê die bestuurder dat sy nie verder sal kan werk nie? (1) |
35.3 |
Gareth bied aan om vir Corli hospitaal toe te neem. Hoe sal Kristen by die huis kom? (1) |
36. |
Corli vra vir Gareth om haar eerder direk huis toe te neem – |
36.1 |
Wat erken sy teenoor hom terwyl hulle op pad is? (1) |
36.2 |
Waarom is dit nie vir hom 'n verrassing nie? (1) |
37. |
Gareth vertel dan vir Corli iets wat haar woedend maak. Wat vertel hy? (1) |
38. |
Gareth vertel haar dan dat hy al die hele week aan haar dink – en hy noem haar weer Gouelokkies. Hoe reageer Corli hierop? (2) |
39. |
Hoe word haar feëverhaal egter uiteindelik bewaarheid? (2) |
40. |
Hierdie verhaal is 'n moderne feëverhaal wat op klassieke feëverhale gebaseer is – |
40.1 |
Watter optrede van Corli herinner sterk aan hoe Gouelokkies opgetree het? Sê kortliks. (2) |
40.2 |
Die drieling Grant – Graham en Gareth is die Drie Bere in die Gouelokkies-verhaal. Hoekom – dink jy – word hulle die 'drie bere' in die titel genoem? (1) |
40.3 |
Verduidelik kortliks hoekom Corli haarself met Aspoestertjie vergelyk. (3) |
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking