Saterdag 16 Augustus 2025

ASPOESTERTJIE EN DIE DRIE BERE – Nelia Engelbrecht

ASPOESTERTJIE EN DIE DRIE BERE – Nelia Engelbrecht

ANTWOORDE 

1.1

Dit is die De Beer-drieling: Graham – Grant en Gareth – Triz-hulle se nuwe bure.

1.2

Sy woon langs hulle en kyk vanaf die balkon voor haar kamer op die De Beers se agterplaas.

2.

Vanessa-hulle se bure is almal oumense – nie drie sexy broers nie.

3.

Vanessa woon in dieselfde luukse sekuriteitskompleks as Triz-hulle – haar ouers ry ook met 'n groot slap motor en hulle hou elke jaar op 'n ander eiland vakansie.

4.

Sy is mal oor kos. As sy nie besig is om te eet nie – maak sy kos of praat daaroor.

5.

Sy is die hele dag in die kompleks se gimnasium waar sy op die fietse oefen.

6.

Sy werk vir baie mense in die kompleks en weet alles van almal af.

7.

Hulle drie het voor Rosy grootgeword.

8.

Dalk is daar romanse in die lug met die drie aantreklike broers.

9.1

Sy wil hulle vra of hulle nie dalk haar blou bikini gesien het nie. Triz-hulle was vriende met die vorige bure en hulle het 'n paar keer daar gaan swem.

9.2

Dit het amper soveel geld gekos as wat sy per maand by die restaurant verdien.

10.

Sy vertel dat die broers die volgende jaar ook Noordkop Hoërskool toe gaan.

11.

Sy sal nie haar hart laat breek nie. Sy het dit reeds besluit toe sy tien was en haar pa hulle verlaat het.

12.

Wanneer sy nader stap en haar hand uitsteek om kennis te maak – haak haar plakkie aan 'n ongelyke plaveiselsteen vas – sy vlieg vorentoe en beland bo-op hom.

13.

Sy oë is groen met blou spikkels daarin – of andersom.

14.

Sy sê vir die seun sy is jammer dat sy sy voete onder hom uitgeslaan het.

15.1

In die koek wat Triz gebring het.

15.2

Vanessa se bene. Hy staar die hele tyd daarna – selfs terwyl hy met haar praat.

16.

Corli jok en sê dat sy en Vanessa ook in Glenhaven woon – net om die hoek – naby.

17.

Hy sê Gareth is ook die grootste windgat van die drie broers.

18.

Grant is mal oor kos en meisies wat kan kos maak. Graham is mal oor meisies met mooi bene. Gareth is net so glad met sy mond soos sy – 'n waardige teenstander en 'n uitdaging vir Corli.

19.

Sy besluit om te gaan kyk of haar bikini in die aantrekkamertjie langs die patio is.

20.1

Daar is 'n yskassie en 'n rusbank.

20.2

Agter 'n klomp opgevoude handdoeke in die kas.

21.

Die materiaal is sysag en wanneer sy dit aanhet – voel sy altyd asof sy op 'n eksotiese eiland is. Die bikini het baie geld gekos.

22.

Sy help haarself aan southappies en koeldrank uit die yskas en sy strek haarself op die rusbank uit.

23.

Sy het in die kas gekrap – hulle kos geëet en op hul bank geslaap.

24.

Hy sien die bikini langs haar op die bank lê.

25

Sy sien die slagspreuk agterop sy T-hemp: "No one is perfect – but some of us are closer than others". Die vorige dag het hy ook 'n T-hemp met 'n arrogante slagspreuk gedra.

26.

Die De Beer-broers is nie vir haar nie – veral nie hierdie windgat een nie.

27.

Die een slagspreuk sê: "I have nothing to declare but my genius" en die ander een sê: "No one is perfect – but some of us are closer than others."

28.

Die motor is baie oud.

29.

Sy werk bedags by 'n prokureurskantoor en saans doen sy ekstra tikwerk.

30.

Sy sê dat sy 'n geleentheid saam met een van die ander kelners huis toe sal kry – maar haar ma sê dat sy haar twaalfuur sal kom oplaai.

31.1

Sy sê dat Kristen Cruella de Ville na 'n "fairy godmother" laat lyk.

31.2

Sy laat amper die spyskaarte uit haar hand val.

32.

Hulle het mekaar daardie oggend in Glenhaven se gimnasium ontmoet.

33.

Op laerskool het Kristen vir Triz geboelie totdat Corli haar eendag vasgehou het terwyl Vanessa kougom in haar hare gedruk het.

34.1

Sy sê sy het 'n sjokolade-melkskommel bestel – nie aarbei nie. Sy sê haar biefstuk ('steak') is nog rou. Sy sê die lepel is vuil.

34.2

Sy gaan die bestuurder roep en by hom kla.

34.3

Sy wil nie in die moeilikheid beland by die bestuurder nie.

34.4

Sy sê hy moet vir Corli 'n vet tip gee – want sy het die geld regtig nodig.

35.1

Hy wil weet of sy seergekry het.

35.2

Haar hand bloei en sy sal waarskynlik steke moet kry.

35.3

Gareth sê hy sal een van sy broers vra om haar huis toe te neem.

36.1

Sy vertel dat hulle nie regtig in Glenhaven woon nie.

36.2

Hy het dit reeds geweet – Rosy het hom vertel.

37.

Hy sê dat Kristen vir Corli gepootjie het en dat sy nie per ongeluk geval het nie.

38.

Sy sê dat sy nie Gouelokkies van Glenhaven is nie – maar Aspoestertjie sonder 'n koets en glasskoentjies.

39.

Gareth leun oor en soen haar – net toe die klok twaalfuur slaan – en dit voel asof sy in 'n ware prinses verander.

40.1

Gouelokkies het ook in die bere se huis aan die slaap geraak – net soos Corli wat in die aantrekkamer van die De Beers aan die slaap geraak het.

Gouelokkies het ook die bere se kos geëet net soos Corli haarself aan versnaperinge en koeldrank uit die De Beers se yskas gehelp het.

40.2

Hulle van is De Beer.

40.3

Aspoestertjie was die armoedige – hardwerkende meisietjie wat in die skaduwee van haar twee stiefsusters moes leef – net soos Corli wat nie in dieselfde weelde as Triz en Vanessa in Glenhaven woon nie. Sy het nie 'n deftige koets en glasskoentjies soos haar vriendinne nie (figuurlik gesproke). Wanneer Gareth de Beer Corli om middernag soen – voel dit of sy ook in 'n ware prinses verander – net soos Aspoestertjie in die feëverhaal.


Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking