HERE BE DRAGONS: KORTVRAE
Vraag 1
Die gedig handel oor ʼn kind wie se pa skynbaar daarteen gekant is dat hy die internet sonder toestemming en ouerlike toesig gebruik. Watter aanduiding is daar dat hy dit slegs onder toesig mag gebruik? (1)
Vraag 2
Voor watter uitdaging kom die kind in strofe 1 te staan, en hoe vaar hy met hierdie uitdaging? (2)
Vraag 3
Wat beteken die term "surf" in rekenaartaal? Gee die Afrikaanse woord daarvoor en verduidelik kortliks. (1)
Vraag 4
ʼn Rekenaarmuis is ʼn baie doelgerigte instrument om te gebruik. Watter enkele woord in die gedig suggereer hierdie doelgerigtheid? (1)
Vraag 5
Die seun verwys in strofe 1 na "nuwe ruimtes" –
Vraag 5.1
Wat lê in die "nuwe ruimtes" opgesluit? Gee ʼn enkele woord in strofe 2 as antwoord. (1)
Vraag 5.2
Watter internet-instrument gebruik die seun om nuwe plekke te ontsluit, volgens strofe 2? (1)
Vraag 6
Internet-gebruik word in die tweede strofe ʼn "religie" genoem. Wat bedoel die seun hiermee? (1)
Vraag 7
Die seun probeer die internet verdedig en hy wys sy pa daarop dat versoekings en gevare ook buite die rekenaardomein bestaan. Watter twee voorbeelde gee hy hiervan? (2)
Vraag 8
Wie is "ons" na wie die kind in die derde strofe verwys? (1)
Vraag 9
Die gebruik van die woord "wyser" is effens misplaas in die konteks waarin dit gebruik word (strofe 3). Waarmee assosieer ʼn mens wysheid gewoonlik? (1)
Vraag 10
Die kind vra vir sy pa in strofe 3: "Laat ons gaan, laat ons reis".
Vraag 10.1
Hoe verskil hedendaagse mense se manier van reis van dié van ʼn vorige generasie? (1)
Vraag 10.2
Noem twee plekke waarheen die seun op hierdie manier reis. (2)
Vraag 11
Watter beeld gebruik die seun wat baie herinner aan die manier waarop delwers vroeër hulle gebied afgebaken het? (1)
Vraag 12
Jy is die eerste Suid-Afrikaner wat die kruin van Berg Everest bereik –
Vraag 12.1
Hoe sal jy seker maak dat andere weet dat jy die eerste Suid-Afrikaner was wat op die hoogste piek in die wêreld gestaan het? (1)
Vraag 12.2
Op watter manier wil jongmense vandag daardie selfde gevoel ervaar? (1)
Vraag 13
Eintlik versoek die seun nie sy pa om hom toe te laat om sy eie wêrelde te ontdek nie, hy eis dit van hom. Kyk na reëls 11 en 16 en sê dan hoekom ons dit kan sê. (1)
Vraag 14
Verduidelik in jou eie woorde: "Hou oop jou hart". (1)
Vraag 15
"eendag gaan daar ʼn virus wees"
Vraag 15.1
Noem twee gevreesde rekenaarvirusse waarna daar in die gedig verwys word. (2)
Vraag 15.2
Water woorde sê dat hierdie virusse nie net die kind se rekenaar nie, maar hom ook persoonlik gaan "aanval"? (1)
Vraag 16
Die kind besef dat sy beheptheid met die internet nie vir sy pa sin maak nie, nie logies is nie. Wanneer sal hy wel sy logika teenoor sy pa wil gebruik? Sê kortliks. (1)
Vraag 17
Die spreker verwys na die internet as ʼn "pedofiel" of ʼn "sluipdief".
Vraag 17.1
Van watter ander moontlike pedofiele het ons vroeër in die gedig gelees? (1)
Vraag 17.2
Wat doen die pedofiel en sluipdief in die voorlaaste strofe? (1)
Vraag 17.3
Watter aanduiding gee die seun dat hy besef die pedofiel en sluipdief is gevaarlik en sterker as hy? (1)
Vraag 18
Watter illusie dat die skool ʼn veilige plek vir kinders is, word in hierdie gedig bevraagteken? (1)
Vraag 19
Wat bedoel die seun met: "sal jou oor dan oop wees, pa"? (1)
Vraag 20
Hy noem sy pa ʼn "USB vir my gemoed". Wat bedoel hy met hierdie metafoor? (1)
Vraag 21
Hoe is ʼn persoon wat "stug" is? (1)
Vraag 22
Watter twee kontraswoorde kom in die koeplet aan die einde voor? (1)
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking