Maandag 01 September 2025

SONVANGER (liriek) – Valiant Swart

SONVANGER (liriek) – Valiant Swart

Ons vind hier ʼn smagting van die spreker dat die son in sy koue en donker wêreld moet inskyn en vreugde, hitte en lig moet inbring. ʼn Sonvanger weerkaats lig van buite af en bring dit tot binne-in ʼn vertrek. Die boodskap in hierdie gedig is dus tot die sonvanger gerig: Bring weer vreugde en warmte in die lewe, want daarsonder is die lewe ʼn eensame en koue plek. Die lewe is vol gevaarlike kronkels as daar nie lig is wat die pad kan aandui nie. Die lig in sy lewe is moontlik ʼn verwysing na mense wat warmte en lig verskaf en sonder wie die lewe geen sin het nie. Ons is dus afhanklik van ander mense om sonskyn in ons lewens te bring. 

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking