Saterdag 19 Julie 2025

STERREKYKER – Franci Greyling

KORTVRAE

 

Vraag 1  

Hoe kan ons uit die gedig aflei dat die ek-spreker moontlik vroulik is? (1)

 

Vraag 2  

Vertel kortliks hoekom hierdie meisie ʼn "sterrekyker" is. (1)

 

Vraag 3  

Wat is die funksie van herhaling/repetisie in die tweede reël? (1)

 

Vraag 4  

Waarna verwys "dit" in

Vraag 4.1 reël 3? (1)

Vraag 4.2 reël 4? (1)

Vraag 4.3 reëls 5, 6 & 7? (1)

 

Vraag 5

Beskryf stap vir stap wat die meisie doen om haar brief tot by die man op die maan te kry. (5)

 

Vraag 6

Watter teleurstelling wag daar egter op die meisie wanneer haar brief die maan bereik? (1)

 

Vraag 7  

Watter vertwyfeling ervaar sy skielik? (2)

 

Vraag 8

Hoekom is die spreker moontlik ontsteld daaroor dat iemand anders dalk nou die briewe lees en nie die man op die maan nie? (1)

 

Vraag 9

Op watter manier betrek die spreker die leser by die inhoud van die gedig, en watter woorde dui dit aan? (2)

 

Vraag 10

Watter soort rym kry ons in die laaste vier versreëls van die gedig? Kies jou antwoord uit die volgende:

A paarrym

B omarmde rym

C kruisrym

D gebroke rym (1)

 

Vraag 11

Gee ʼn voorbeeld van ʼn hiperbool wat in die gedig gebruik word. (1)

 

Vraag 12

Wat beteken dit as ons sê dat iemand soveel van ʼn saak weet "soos die man in die maan"? Kies jou antwoord uit die volgende en skryf die korrekte antwoord neer:

 

A Die persoon weet niks van die saak af nie.

 

B Die persoon is nie baie intelligent nie.

 

C Die persoon weet alles van die saak af.

 

D Die persoon is wys, soos die man in die maan. (1)

 

Vraag 13

Watter soort spreker/verteller kry ons in hierdie gedig? (1)

 

Vraag 14

Noem drie komponente/dele van die voorwerp waarmee die spreker die brief afskiet. (3)

 

Vraag 15

Gee ʼn voorbeeld van ʼn parentese uit die gedig. (1)


Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking